Aandele in De Beers handel oor hele diamant-waardeketting

Loading player...
Terwyl Angola en Botswana om meerderheidsbeheer van die De Beers-groep baklei, word Namibië aangeraai om deel te neem. Voormalige Namdia-baas Kennedy Hamutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die besit van 'n belang in De Beers nie net oor die ontginning van diamante gaan nie. Dit gaan oor beheer van die hele ketting: eksplorasie, tegnologie, verspreiding, sintetiese diamante en globale kleinhandelsmerke.
5 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Yango vat vas oor Namibiese vereistes

Die Yango-groep se hoof van beleid vir Afrika, Zanyiwe Asare, sê Yango verwag dat bestuurders en vervoervennote sal voldoen aan die riglyne van die vervoerministerie, onder meer verpligte registrasie. Duisende Yango-bestuurders sal na verwagting geraak word. Asare sê dat hulle reeds duisende operateurs van die toep afgehaal het wat nie…
22 Mar 3AM 1 min

'Kinders se geesteswelstand 'n menseregtekrisis'

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê dringende optrede is nodig om geestesgesondheidsorg vir kinders te verbeter, met slegs een uit tien wat hulp kry, en noem dit 'n menseregtekrisis. Met die viering van Menseregtedag blameer die organisasie onderbefondsing, 'n tekort aan spesialiste en beperkte fasiliteite. Renata Schoeman van die vereniging…
22 Mar 2AM 1 min

BKS: Meer as 121 000 inentings reeds in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie se gekoördineerde bek-en-klouseer-reaksieplan is verder versterk met die aankoms van nog 8 000 entstofdosisse in die provinsie. Hy sê dit sal die 100 000 dosisse wat die provinsie verlede week ontvang het, aanvul, wat die totale getal wat tot dusver ontvang is…
22 Mar 1AM 1 min

Korrupsie is verraad, sê NNN

Korrupsie is een van die grootste bedreigings vir nasiebou in Namibië, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In haar boodskap ter viering van die land se 36ste onafhanklikheidsjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê korrupsie is verraad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.
22 Mar 12AM 1 min

Brandstof gaan werkers laat bloei, maan vakbond

Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering moet dringend optree om burgers te beskerm teen geweldige brandstofprysstygings vanaf volgende maand. Petrol sal na verwagting met R5,41 per liter styg en diesel met R8,84 per liter. Matthew Parks van Cosatu waarsku hierdie stygings, wat deur die Midde-Oosterse konflik veroorsaak word, sal werkers…
21 Mar 7AM 1 min