Capricorn Eagles-groep vir IKR-toernooi in Thailand aangekondig

Loading player...
Krieket Namibië het sy groep vir die nasionale vrouespan, die Capricorn Eagles, aangekondig, wat na Thailand sal reis vir die IKR se Emerging Nations Trophy-toernooi. Namibië sal T20-internasionale wedstryde speel teen Tanzanië, die Verenigde Arabiese Emirate, Skotland, Nederland, Thailand, Uganda en Papoea-Nieu-Guinee. Die Capricorn Eagles het gekwalifiseer en berei voor vir hul eerste deelname ooit aan die 2026 Vroue T20 Wêreldbeker Kwalifiserende Reeks van 12 Januarie tot 2 Februarie in Nepal volgende jaar. Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
5 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Duur brandstof gaan landbou laat verdor

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die uitwerking van stygende wêreldwye oliepryse word reeds in Suid-Afrika gevoel. Die regering sowel as die Brandstofbedryfvereniging het vroeër herhaal dat Suid-Afrika se brandstofvoorraad tans bestendig bly, sonder enige behoefte aan paniekaankope. TLU SA-woordvoerder Caria van der Merwe sê die stygende wêreldwye oliepryse sal die…
22 Mar 4AM 1 min

Yango vat vas oor Namibiese vereistes

Die Yango-groep se hoof van beleid vir Afrika, Zanyiwe Asare, sê Yango verwag dat bestuurders en vervoervennote sal voldoen aan die riglyne van die vervoerministerie, onder meer verpligte registrasie. Duisende Yango-bestuurders sal na verwagting geraak word. Asare sê dat hulle reeds duisende operateurs van die toep afgehaal het wat nie…
22 Mar 3AM 1 min

'Kinders se geesteswelstand 'n menseregtekrisis'

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê dringende optrede is nodig om geestesgesondheidsorg vir kinders te verbeter, met slegs een uit tien wat hulp kry, en noem dit 'n menseregtekrisis. Met die viering van Menseregtedag blameer die organisasie onderbefondsing, 'n tekort aan spesialiste en beperkte fasiliteite. Renata Schoeman van die vereniging…
22 Mar 2AM 1 min

BKS: Meer as 121 000 inentings reeds in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie se gekoördineerde bek-en-klouseer-reaksieplan is verder versterk met die aankoms van nog 8 000 entstofdosisse in die provinsie. Hy sê dit sal die 100 000 dosisse wat die provinsie verlede week ontvang het, aanvul, wat die totale getal wat tot dusver ontvang is…
22 Mar 1AM 1 min

Korrupsie is verraad, sê NNN

Korrupsie is een van die grootste bedreigings vir nasiebou in Namibië, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In haar boodskap ter viering van die land se 36ste onafhanklikheidsjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê korrupsie is verraad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.
22 Mar 12AM 1 min