Basiese onderwys g'n gratis, 'weens swak hulpbronbestuur'

Loading player...
Paulus Mbangu, 'n onafhanklike lid van die Nasionale Raad, het kommer uitgespreek dat die stygende koste van onderwys in Namibië 'n duidelike teken is van swak hulpbronbestuur. Volgens Mbangu sukkel baie gesinne steeds met die toenemende uitgawes wat jaarliks met onderwys geassosieer word, ten spyte van die voorsiening van universele gratis basiese onderwys. Mbangu het hierdie opmerkings gemaak tydens 'n sitting van die Nasionale Raad waarin lede die huidige stand van Namibië se beleid vir universele gratis basiese onderwys gedebatteer het.
5 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Duur brandstof gaan landbou laat verdor

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die uitwerking van stygende wêreldwye oliepryse word reeds in Suid-Afrika gevoel. Die regering sowel as die Brandstofbedryfvereniging het vroeër herhaal dat Suid-Afrika se brandstofvoorraad tans bestendig bly, sonder enige behoefte aan paniekaankope. TLU SA-woordvoerder Caria van der Merwe sê die stygende wêreldwye oliepryse sal die…
22 Mar 4AM 1 min

Yango vat vas oor Namibiese vereistes

Die Yango-groep se hoof van beleid vir Afrika, Zanyiwe Asare, sê Yango verwag dat bestuurders en vervoervennote sal voldoen aan die riglyne van die vervoerministerie, onder meer verpligte registrasie. Duisende Yango-bestuurders sal na verwagting geraak word. Asare sê dat hulle reeds duisende operateurs van die toep afgehaal het wat nie…
22 Mar 3AM 1 min

'Kinders se geesteswelstand 'n menseregtekrisis'

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê dringende optrede is nodig om geestesgesondheidsorg vir kinders te verbeter, met slegs een uit tien wat hulp kry, en noem dit 'n menseregtekrisis. Met die viering van Menseregtedag blameer die organisasie onderbefondsing, 'n tekort aan spesialiste en beperkte fasiliteite. Renata Schoeman van die vereniging…
22 Mar 2AM 1 min

BKS: Meer as 121 000 inentings reeds in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie se gekoördineerde bek-en-klouseer-reaksieplan is verder versterk met die aankoms van nog 8 000 entstofdosisse in die provinsie. Hy sê dit sal die 100 000 dosisse wat die provinsie verlede week ontvang het, aanvul, wat die totale getal wat tot dusver ontvang is…
22 Mar 1AM 1 min

Korrupsie is verraad, sê NNN

Korrupsie is een van die grootste bedreigings vir nasiebou in Namibië, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In haar boodskap ter viering van die land se 36ste onafhanklikheidsjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê korrupsie is verraad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.
22 Mar 12AM 1 min