Mamdani verwerp Trump se politiek in openbaar

Loading player...
Die Demokratiese sosialis Zohran Mamdani is tot burgemeester van die Amerikaanse stad New York verkies - die eerste Moslem en eerste persoon van Indiese afkoms om die amp te beklee. Die 34-jarige is ook die jongste burgemeester sedert 1892. Hy het die voormalige goewerneur, Andrew Cuomo, en die Republikein Curtis Sliwa verslaan. Die Demokrate het ook oorwinnings behaal in die goewerneursverkiesings in New Jersey en Virginië. Mamdani het onderneem om verandering in te lui wat president Donald Trump se politiek verwerp:
5 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Duur brandstof gaan landbou laat verdor

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die uitwerking van stygende wêreldwye oliepryse word reeds in Suid-Afrika gevoel. Die regering sowel as die Brandstofbedryfvereniging het vroeër herhaal dat Suid-Afrika se brandstofvoorraad tans bestendig bly, sonder enige behoefte aan paniekaankope. TLU SA-woordvoerder Caria van der Merwe sê die stygende wêreldwye oliepryse sal die…
22 Mar 4AM 1 min

Yango vat vas oor Namibiese vereistes

Die Yango-groep se hoof van beleid vir Afrika, Zanyiwe Asare, sê Yango verwag dat bestuurders en vervoervennote sal voldoen aan die riglyne van die vervoerministerie, onder meer verpligte registrasie. Duisende Yango-bestuurders sal na verwagting geraak word. Asare sê dat hulle reeds duisende operateurs van die toep afgehaal het wat nie…
22 Mar 3AM 1 min

'Kinders se geesteswelstand 'n menseregtekrisis'

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê dringende optrede is nodig om geestesgesondheidsorg vir kinders te verbeter, met slegs een uit tien wat hulp kry, en noem dit 'n menseregtekrisis. Met die viering van Menseregtedag blameer die organisasie onderbefondsing, 'n tekort aan spesialiste en beperkte fasiliteite. Renata Schoeman van die vereniging…
22 Mar 2AM 1 min

BKS: Meer as 121 000 inentings reeds in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie se gekoördineerde bek-en-klouseer-reaksieplan is verder versterk met die aankoms van nog 8 000 entstofdosisse in die provinsie. Hy sê dit sal die 100 000 dosisse wat die provinsie verlede week ontvang het, aanvul, wat die totale getal wat tot dusver ontvang is…
22 Mar 1AM 1 min

Korrupsie is verraad, sê NNN

Korrupsie is een van die grootste bedreigings vir nasiebou in Namibië, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In haar boodskap ter viering van die land se 36ste onafhanklikheidsjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê korrupsie is verraad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.
22 Mar 12AM 1 min