Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die uitwerking van stygende wêreldwye oliepryse word reeds in Suid-Afrika gevoel. Die regering sowel as die Brandstofbedryfvereniging het vroeër herhaal dat Suid-Afrika se brandstofvoorraad tans bestendig bly, sonder enige behoefte aan paniekaankope. TLU SA-woordvoerder Caria van der Merwe sê die stygende wêreldwye oliepryse sal die…
Die Yango-groep se hoof van beleid vir Afrika, Zanyiwe Asare, sê Yango verwag dat bestuurders en vervoervennote sal voldoen aan die riglyne van die vervoerministerie, onder meer verpligte registrasie. Duisende Yango-bestuurders sal na verwagting geraak word. Asare sê dat hulle reeds duisende operateurs van die toep afgehaal het wat nie…
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê dringende optrede is nodig om geestesgesondheidsorg vir kinders te verbeter, met slegs een uit tien wat hulp kry, en noem dit 'n menseregtekrisis. Met die viering van Menseregtedag blameer die organisasie onderbefondsing, 'n tekort aan spesialiste en beperkte fasiliteite. Renata Schoeman van die vereniging…
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie se gekoördineerde bek-en-klouseer-reaksieplan is verder versterk met die aankoms van nog 8 000 entstofdosisse in die provinsie. Hy sê dit sal die 100 000 dosisse wat die provinsie verlede week ontvang het, aanvul, wat die totale getal wat tot dusver ontvang is…
Korrupsie is een van die grootste bedreigings vir nasiebou in Namibië, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In haar boodskap ter viering van die land se 36ste onafhanklikheidsjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê korrupsie is verraad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.