Kinderdiens - 19 Oktober 2025

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: 2 Timoteus 3:14–17

Paulus herinner ons hoe kosbaar en lewensnoodsaaklik die Woord van God is. Die Bybel is nie net ’n boek vol reëls of stories nie – dit is God se lewende stem wat ons lei, leer en versterk.

Hoe lees jy die Bybel? Net af en toe, of met ’n oop hart om werklik meer van God te leer ken en te groei as mens?

Kom hoor Sondag hoe Paulus ons uitnooi om die Woord met nuwe oë te lees – as bron van krag, wysheid en lewe.
19 Oct 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

"Kom kyk" - Ontmoet Jesus en die vrou by die put

Hierdie is 'n luister-drama. Dit vertel oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put as ’n intieme gesprek tussen twee mense wat mekaar oor bekende grense heen ontmoet. Deur hulle afwisselende herinneringe ontvou Johannes 4 as ’n verhaal oor dors, waarheid, skaamte en die verrassende ervaring…
23 Aug 19 min

Reis deur Efesiërs - Deel 18 (16 Augustus 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 4:14–16 TEMA: Hoe behoort “groei” in ons gemeente te lyk? Paulus help ons in hierdie teksgedeelte om te onderskei wat nodig is vir ’n gemeente om werklik te groei. Ons wil immers al hoe meer ’n “small working model of God’s new creation” wees. Maar…
16 Aug 38 min

Reis deur Efesiërs - Deel 17 (09 Augustus 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 4:7-13 TEMA: Eenheid is nie eendersheid nie! Ons reis verder deur Efesiërs 4 – ’n hoofstuk wat ons herinner dat God ons nie roep om almal dieselfde te wees nie, maar om saam as een liggaam te leef en te groei. God se genade is…
16 Aug 43 min

Reis deur Efesiërs - Deel 16 (02 Augustus 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEMA: Waardig aan jou roeping TEKS: Efesiërs 4:1–6 Paulus begin nie met ’n gebod nie, maar met ’n smeking: “Ek dan, die gevangene in die Here, vermaan julle om waardig te wandel…” en dan praat hy oor eenheid! Eenheid is nie iets wat óns skep nie; dit…
16 Aug 31 min

Reis deur Efesiërs - Deel 15 (21 Junie 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 3:16-19 TEMA: God se krag het ’n baie spesifieke bestemming… Ons hanteer baie keer God se werk in ons lewe soos ’n noodkragopwekker. Ons bid vir krag wanneer ons swaarkry, en wanneer die krag kom en die swaarkry verby is, ontkoppel ons weer die kragopwekker…
16 Aug 37 min