Preek Opnames

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Christianity
121 Episodes
1 – 20

Erediens - 10 Augustus 2025

Prediker: Nicolette Bester Teks: Hebreërs 10:1-3; 8-18 Tema: Geloof wat volhard – wat beteken dit? Geloof – ’n woord wat ons so maklik gebruik maar tog so moeilik werklik kan begryp. ’n Ander verstaan kan wees “vertroue in God”. Die twee loop hand-aan-hand. As mense is ons geneig om te…
10 Aug 32 min

Erediens - 03 Augustus 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 8:35-39 Tema: “Welwese” is baie meer as ’n gevoel In ons lewens is daar seisoene waarin ons geweldige swaarkry beleef. Soms is hierdie seisoene ’n paar ure lank, ander kere hou dit vir jare aan. Dikwels word ons in hierdie tye lamgelê deur bekommernis, hartseer…
3 Aug 28 min

Erediens - 20 Julie 2025

Teks: Lukas 10 Prediker: DJ Muller Tema: Wanneer is besig-wees genoeg? Produktiwiteit! Dis iets waarna ons daagliks streef. Ons gebruik hulpmiddels soos outomatisering en kunsmatige intelligensie om dit te verhoog. Waarom? Omdat ons meer wil doen. Ons wil beter presteer. Dit voel selfs goed om te vertel hoe besig ons…
20 Jul 21 min

Erediens - 13 Julie 2025

Teks: Kolossense 1:9-20 Prediker: Nadia Muller Tema: Is my God groot genoeg? Ons almal ken die kinderlied: “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen nie.” As kinders – of selfs as volwassenes – sing ons dit uit volle bors,…
13 Jul 35 min

Erediens - 06 Julie 2025

Tema: Geloofsonderskeiding: Wat beteken dit? Teks: Lukas 10:1–12, 16–19 Prediker: Nadia Muller Ons wens soms vir ’n stem uit die hemel of ’n vers in die Bybel wat ons sommer op die naam noem en al ons vrae beantwoord — maar dis nie hoe dit werk nie. As God dan…
6 Jul 32 min

Erediens - 18 Mei 2025

Prediker: Nadia Muller Tema: From thanksgiving to thanksliving Teks: 1 Tess. 5:16–22; Ps. 148 Ons leer ons kinders om dankie te sê. Ons sê dankie as ons iets ontvang het of iemand iets vir ons gedoen het. Maar wat as ons leef in dankbaarheid? Hoe sal ons anders begin leef…
18 May 34 min

Erediens - 06 April 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: Jesaja 43:19 Tema: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Kan julle dit nie besef nie?” Ons verlede vorm ’n belangrike deel van wie ons is. Dit gee konteks, identiteit en herinneringe. Waar jy vandaan kom, beïnvloed wie jy vandag is – maar dit hoef nie te…
6 Apr 30 min

Erediens - 30 Maart 2025

Nadia wys 'n video tydens die diens. In hierdie opname, sê sy wanneer jy gou na die video moet kyk. Kyk die stukkie daarvan wat hier begin (dit is omtrent so 2min lank): https://youtu.be/gYF1AsOmoW8?si=EI41w7L0RHSBheZB&t=4210
30 Mar 30 min

Erediens - 09 Maart 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: Deuteronomium 26:1-11 Tema: Wat was, wat is en wat kom! Met die eerste week van Lydenstyd dink ons spesifiek aan die verlede, aan Jesus, en die verlossing wat Hy bewerkstellig het. Ons word herinner aan die dankbaarheid wat ons teenoor Hom voel. Ons bevind ons tans…
9 Mar 30 min

Erediens - 02 Maart 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: Eksodus 34 Tema: Oopgevlek voor God Wat beteken dit om oopgevlek voor God te wees? Om sonder maskers, voorgee of namaak, net eerlik, eg en broos voor Hom te staan? Ons verhouding met God word dikwels verhinder deur sluiers – sluiers van tradisie, wêreldse gewoontes, skuldgevoelens…
2 Mar 28 min

Erediens - 16 Februarie 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: Jeremia 17:5-10 Tema: Die probleem van die hart, is die hart van die probleem Ons sê so maklik dat ons op die Here vertrou, maar as ’n mens kyk na die statistieke van mense wat sterf aan hartaanvalle, depressie en ander stresverwante siektes, besef ons dat…
16 Feb 23 min

Kinderdiens - 09 Februarie 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: Jes. 6:1-8; Luk. 5:1-11 Hoe roep God ons vandag? Dit lyk dalk anders as in die Bybel – daar is nie engele met warm kole soos by Jesaja nie, en Jesus loop nie meer fisies op die aarde rond soos in Lukas nie. Tog praat God…
9 Feb 28 min

Erediens - 26 Januarie 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: Psalm 19 Psalm 19 is ’n bekende Psalm wat soveel diep en mooi waarhede bevat. Om hierdie Psalm se boodskap ten volle te verstaan, delf ons dieper in die poësie van dié Psalm. Dit sal ons help om die wonderlike prentjie wat hierdie Psalm van God…
26 Jan 29 min

Erediens - 12 Januarie 2025

Prediker : DJ Muller Tema : Samaria: God se Gees was LAAT? Hoekom? Teks: Handelinge 8:14-17 In Samaria word die Gees eers heelwat later oor die gedoopte nuwe lidmate uitgestort. Dit is heeltemal verkeerdom met hoe dit normaalweg gebeur het! Hoekom was die Gees dan “laat”? Ons gesels onder andere…
12 Jan 30 min

Belydenisaflegging - 21 Oktober 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 14:22-33 Tema: “No turning back”   Om belydenis van geloof af te lê, is soos Petrus wat in geloof uit die boot moes klim en saam met Jesus op die water moes loop. Dit gaan oor geloof en vertroue in Jesus, selfs wanneer ons begin…
22 Oct 2024 27 min
1 – 20