Erediens - 12 Oktober 2025

Loading player...
Prediker: DJ Muller
Teks: Lukas 17:11–19
Tema: Jesus “on demand”

Tien siekes word in ’n oomblik genees - maar net een van hulle snap wat regtig gebeur. Is hierdie tendens vandag nog waar? Draai ons na Jesus net wanneer ons Hom nodig het?

’n Verhouding met die enigste ware God kan mos nie net gebasseer wees op ’n ekonomie van “wat ek soek en wat ek in ruil daarvoor gee” nie. Ons kyk môre onder andere na “Kat en Hond Teologie”, die invloed van ’n verbruikersmentaliteit op ons geloof, en trek selfs die onlangse brief van die Gereformeerde Kerk in Nelspruit aan ’n onbetrokke lidmaat nader.
12 Oct 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

"Kom kyk" - Ontmoet Jesus en die vrou by die put

Hierdie is 'n luister-drama. Dit vertel oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put as ’n intieme gesprek tussen twee mense wat mekaar oor bekende grense heen ontmoet. Deur hulle afwisselende herinneringe ontvou Johannes 4 as ’n verhaal oor dors, waarheid, skaamte en die verrassende ervaring…
23 Aug 19 min

Reis deur Efesiërs - Deel 18 (16 Augustus 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 4:14–16 TEMA: Hoe behoort “groei” in ons gemeente te lyk? Paulus help ons in hierdie teksgedeelte om te onderskei wat nodig is vir ’n gemeente om werklik te groei. Ons wil immers al hoe meer ’n “small working model of God’s new creation” wees. Maar…
16 Aug 38 min

Reis deur Efesiërs - Deel 17 (09 Augustus 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 4:7-13 TEMA: Eenheid is nie eendersheid nie! Ons reis verder deur Efesiërs 4 – ’n hoofstuk wat ons herinner dat God ons nie roep om almal dieselfde te wees nie, maar om saam as een liggaam te leef en te groei. God se genade is…
16 Aug 43 min

Reis deur Efesiërs - Deel 16 (02 Augustus 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEMA: Waardig aan jou roeping TEKS: Efesiërs 4:1–6 Paulus begin nie met ’n gebod nie, maar met ’n smeking: “Ek dan, die gevangene in die Here, vermaan julle om waardig te wandel…” en dan praat hy oor eenheid! Eenheid is nie iets wat óns skep nie; dit…
16 Aug 31 min

Reis deur Efesiërs - Deel 15 (21 Junie 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 3:16-19 TEMA: God se krag het ’n baie spesifieke bestemming… Ons hanteer baie keer God se werk in ons lewe soos ’n noodkragopwekker. Ons bid vir krag wanneer ons swaarkry, en wanneer die krag kom en die swaarkry verby is, ontkoppel ons weer die kragopwekker…
16 Aug 37 min