President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die naweek in haar boodskap vir Namibië se 36ste onafhanklikheidsvieringe ‘n rooskleurige prentjie van die land se ekonomie geskets en gesê groei van 3,1 persent word vir vanjaar verwag. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah meen dié vooruitsig is optimisties.
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid het vir homself die doelwit gestel om inklusiewe groei en werkskepping te bevorder, armoede te verlig en die hoë lewenskoste af te bring, en ʼn bevoegde, etiese ontwikkelingstaat te bou. Ramaphosa sê vennootskappe tussen die regering, sakeondernemings, arbeid en die burgerlike…
Die oliekrisis weens die konflik in die Midde-Ooste kan ‘n rimpeleffek hê wat veel verder as duurder brandstof in Namibië strek, waarsku Eben De Klerk van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra. Verskepingsvertragings kan tot ander produktetekorte lei, sê hy. Pasop ‘n ‘n valse gevoel van sekuriteit, het De Klerk…
Die heersende MotoGP-wêreldkampioen, Marc Márquez, sê hy is van plan om hierdie naweek weer te skitter ná ʼn teleurstellende wedren in Thailand. MotoGP keer hierdie week terug na Goiania vir die eerste Brasiliaanse Grand Prix sedert 1992, en die Ducati-renjaer het sy oog op sy eerste sege van 2026. Marquez…
Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die uitwerking van stygende wêreldwye oliepryse word reeds in Suid-Afrika gevoel. Die regering sowel as die Brandstofbedryfvereniging het vroeër herhaal dat Suid-Afrika se brandstofvoorraad tans bestendig bly, sonder enige behoefte aan paniekaankope. TLU SA-woordvoerder Caria van der Merwe sê die stygende wêreldwye oliepryse sal die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.