Cyril sê regering werk aan inlusiewe groei, werkskepping

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid het vir homself die doelwit gestel om inklusiewe groei en werkskepping te bevorder, armoede te verlig en die hoë lewenskoste af te bring, en ʼn bevoegde, etiese ontwikkelingstaat te bou. Ramaphosa sê vennootskappe tussen die regering, sakeondernemings, arbeid en die burgerlike samelewing moet versterk om meer werk te skep, mense uit armoede te lig, en lewensomstandighede te verbeter:
22 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eagles berei voor vir reeks teen Oman en Skotland

Namibië se FNB Eagles het ’n goed gebalanseerde span aangewys wat ervaring en opwindende jong talent kombineer vir die komende IKR Krieket Wêreldbeker Liga 2-reeks in Windhoek, wat van 2 tot 12 April teen Oman en Skotland plaasvind. Die veelsydige JJ Smit sal die span lei tydens die reeks en…
23 Mar 1AM 1 min

Bewaarders kla oor regering wat niks doen oor onwettige voëlvang nie

Die rooiborsbyvreter is 'n bedreigde spesie en word in Namibië as skaars beskou. Ten spyte hiervan is daar uitdagings by die Okavango-rivier. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton, eienaar van Shamvura-kamp gepraat wat sê dat die voëls met onwettige nette gevang word. Paxton het saam met bekende ekoloog dr…
23 Mar 1AM 1 min

BKS: Gereedheidgrondslag word verskerp

Reaksie word ontvang op die landbouministerie wat 'n bek-en-klouseer-beheergebied in die Karas-streek afgekondig het. Die beheergebied dek 'n band van twee aangrensende plase langs die grens wat strek oor meer as 10 km suid van die Mata Mata-grenspos af tot by die Oranjerivier, en noord van die Oranjerivier tot by…
23 Mar 12AM 1 min

Oorlog het nog nie by NSX aangeklop nie - Bazuin

Namibiese markte is tot dusver nie eintlik deur die konflik in die Midde-Ooste geraak nie, sê die uitvoerende hoof van die Namibiese aandelebeurs, Tiaan Bazuin. Wat wel duidelik is, is die belangrikheid van diversifering in die wêreld se oliebronne. Hierin skuil baie moontlikhede vir Namibië sou die land olie kan…
23 Mar 12AM 1 min

NNN te optimisties in onafhanklikheidstoespraak

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die naweek in haar boodskap vir Namibië se 36ste onafhanklikheidsvieringe ‘n rooskleurige prentjie van die land se ekonomie geskets en gesê groei van 3,1 persent word vir vanjaar verwag. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah meen dié vooruitsig is optimisties.
22 Mar 11PM 1 min