GEE-week: Moeggesukkel & SA Cares

Loading player...
#MidOggend met Sarina se gesprek gee vir ons daardie HOOPstoot wat mens nodig het om aan te hou GEE. Sarina gesels met Jacques Papenfus, stigter van Moeggesukkel, Sanet Fagan, besturende direkteur van SA Cares for Life, en Liaune en Surisa van Atterbury Trust.
Jacques het gedeel hoe Moeggesukkel ’n toevlug geword het vir mense wat alles verloor het — nie net ’n dak oor hul kop nie, maar ook hoop. Hier word mense nie net gevoed nie; hulle word herstel. Daar is geleentheid om te werk, om weer deel te voel van die samelewing, en om met ondersteuning en waardigheid hul lewens te herbou.
Sanet van SA Cares for Life het die ander kant van die spektrum verteenwoordig: hulle werk met die heel kwesbaarstes — babas en kleuters. Met die ondersteuning van Atterbury Trust se Terugploeg-inisiatief sal van hul kleuterskole nou ook deel word van die voedingsprojek. Hier gaan dit oor meer as kos — dit gaan oor stabiliteit, liefde en ’n kans op ’n gesonde begin.
Wat alles saambring, is die rol van Atterbury Trust. Liaune en Surisa vertel hoe hulle skakels bou tussen organisasies, hulpbronne en mense. Wanneer Moeggesukkel en SA Cares for Life versterk word, word lewens verander. Dis nie net ondersteuning nie — dis vennootskap.
Vandag se gesprek was ’n herinnering dat hoop ’n werkwoord is.
✨ Wanneer mense saamstaan, word stories herskryf.
✨ Waar ander net ’n probleem sien, sien hierdie organisasies ’n mens.
En soms is dit al wat ’n mens nodig het — iemand wat glo daar is steeds ’n toekoms.
30 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Hoe veilig is Pretoria se water?

Die Stad Tshwane het alternatiewe watervoorsiening vir die Pretoria-middestad en omliggende gebiede in werking gestel. Dit volg nadat watergehalte-toetse mikrobiologiese besoedeling in water uit die Findlay-reservoir opgespoor het. Die besoedeling is opgemerk nadat 'n rioolpyp gebars en tot verhoogde mikrobiese voorkoms in die bestaande chloorvlakke gelei het. Onafhanklike waterkenner, Francois…
23 Oct 5AM 15 min

Snoete-goete: Ken jy al hierdie "luiperd"-spesies?

Het jy geweet Suid-Afrika het heelwat “luiperds” wat glad nie groot katte is nie? Van skoenlappers en motte tot paddas, skilpaaie, plante en selfs seediere – talle spesies dra die naam vanweë hul kenmerkende kolle of patrone. Die Cape Leopard Trust het onlangs hierdie interessante deel van ons land se…
23 Oct 4AM 9 min

VERSKILMALKERS: Heartfelt Foods

Kos op die tafel gaan oor veel meer as net voeding – dit gaan oor waardigheid, hoop en volhoubare oplossings. Heartfelt Foods, die voedingsprogramtak van Food Sock Meals wat deur Carl van Blerk gestig is, het uit voedselhulpwerk tydens die COVID-19-pandemie ontstaan. Vandag help hulle om voedsame, bekostigbare en maklik…
22 Oct 5AM 19 min

SA een van die lande wat die meeste Bybel lees!

YouVersion, die skepper van die wêreld se gewildste Bybeltoepassing, het vroeër vanjaar ’n plaaslike spilpunt in Suid-Afrika gevestig om Bybelbetrokkenheid in Afrika verder uit te brei. Met meer as 30 miljoen downloads van YouVersion se Bybeltoepassings in Suid-Afrika, tel ons land onder die top vyf lande ter wêreld wat daaglikse…
21 Oct 6AM 8 min

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min