Omgewingsaktiviste kry teenspoed

Loading player...
Drie jong Afrika-omgewingsaktiviste ry per fiets deur Namibië om te pleit vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering, as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief het ten doel om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid in te samel. Die groep gaan vanmiddag in Windhoek aankom, maar nie sonder dat daar teenspoed was nie. Die groep se fasiliteerder, Kamwuhelo Lisao, gee meer inligting.
29 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reed sê Iran het nie langafstandmissiele nie

Die Britse minister van binnelandse sake, Steve Reed, sê daar is geen bewyse dat Iran oor langafstandmissiele beskik wat Londen kan bereik nie. Reed het reageer op uitlatings deur die Israelse weermag die naweek dat Iran missiele ontwikkel het wat Londen, Parys en Berlyn kan tref. Reed se kommentaar op…
23 Mar 1AM 1 min

DA verwelkom beslissing in asbes bedrogspul

Die DA in die Vrystaat verwelkom die Hooggeregshof in Bloemfontein se uitspraak oor die finale verbeurdverklaring van ses luukse eiendomme en ʼn Mercedes-Benz-voertuig met ʼn totale waarde van 32 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Gauteng, die Vrystaat en Noordwes. Roy Jankielsohn van die DA sê die hof het bevind hierdie bates…
23 Mar 1AM 1 min

Eagles berei voor vir reeks teen Oman en Skotland

Namibië se FNB Eagles het ’n goed gebalanseerde span aangewys wat ervaring en opwindende jong talent kombineer vir die komende IKR Krieket Wêreldbeker Liga 2-reeks in Windhoek, wat van 2 tot 12 April teen Oman en Skotland plaasvind. Die veelsydige JJ Smit sal die span lei tydens die reeks en…
23 Mar 1AM 1 min

Bewaarders kla oor regering wat niks doen oor onwettige voëlvang nie

Die rooiborsbyvreter is 'n bedreigde spesie en word in Namibië as skaars beskou. Ten spyte hiervan is daar uitdagings by die Okavango-rivier. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton, eienaar van Shamvura-kamp gepraat wat sê dat die voëls met onwettige nette gevang word. Paxton het saam met bekende ekoloog dr…
23 Mar 1AM 1 min

BKS: Gereedheidgrondslag word verskerp

Reaksie word ontvang op die landbouministerie wat 'n bek-en-klouseer-beheergebied in die Karas-streek afgekondig het. Die beheergebied dek 'n band van twee aangrensende plase langs die grens wat strek oor meer as 10 km suid van die Mata Mata-grenspos af tot by die Oranjerivier, en noord van die Oranjerivier tot by…
23 Mar 12AM 1 min