
Bewaarders kla oor regering wat niks doen oor onwettige voëlvang nie
Loading player...
Die rooiborsbyvreter is 'n bedreigde spesie en word in Namibië as skaars beskou. Ten spyte hiervan is daar uitdagings by die Okavango-rivier. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton, eienaar van Shamvura-kamp gepraat wat sê dat die voëls met onwettige nette gevang word. Paxton het saam met bekende ekoloog dr. Peter Cunningham 'n verslag oor die kwessie geskryf maar die lynministerie het tot dusver geen stappe teen oortreders gedoen nie.

