Aantygings van Franse inmenging in Afrika-verkiesings

Loading player...
Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat op 92-jarige ouderdom herkies is, en die Ivoorkus se 83-jarige Alassane Ouattara verteenwoordig verouderde magstrukture wat deur Frankryk gesteun word. Baloyi doen 'n beroep op die AU om te verseker dat toekomstige verkiesings vry en regverdig is:
29 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Paniekaankope van brandstof onnodig - lynministerie

Die regering het die naweek vrese oor brandstoftekorte in Namibië besweer midde gerugte van paniekaankope deur verbruikers. Die land het genoeg reserwes en die regering is in voortdurende kommunikasie met verskaffers, wat verseker genoegsame voorraad is op pad. Kosmos 94.1 Nuus het petroleumekonoom Abednego Ekandjo om sy mening genader.
23 Mar 3AM 1 min

Bibi sê Iran is vyand van beskawing

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Iran het weereens bewys hy is die beskawing se vyand en ʼn gevaar vir die vrye wêreld, want hy gebruik terreurmissiele om kinders, gesinne en bejaardes te teiken. Netanyahu het die terrein van Saterdag se missielaanval in die suidelike stad Arad besoek waar…
23 Mar 3AM 1 min

SAKP sê dood van drie Iranse leiers is moord

Die SAKP veroordeel wat hy die Amerikaanse regering se voortgesette onwettige en ongevraagde aanvalle op Iranse leiers in die Midde-Ooste noem. Die party se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê die sluipmoorde op hooggeplaaste Iranse amptenare soos die opperleier Ali Khamenei, minister van Intelligensie Esmail Khatib, en hoof van veiligheid, Ali Larijani,…
23 Mar 3AM 1 min

Knortjor-kampioenskappe was witwarm

Die naweek was die eerste been van die knortjor nasionale kampioenskappe op die Tony Rust-renbaan buite Windhoek. Daar was 27 inskrywings van die bambino klas tot die DD2 klas. Die geleentheid is moontlik gemaak deur Sema Racing en Momentum-korttermyn Versekeraars. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die uitslae.
23 Mar 3AM 1 min

Werkers moet verteenwoordiging by vakbonde kry

Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkers, Nafau, doen 'n beroep op werkers om vakbondverteenwoordiging te soek om moeilike tye te oorleef en billike behandeling in die werkplek te verseker. Dit kom nadat die vakbond suksesvol verskeie loon- en voordeelooreenkomste oor verskillende sektore beding het. Nafau se adjunk-generaalsekretaris, Willem Absalom:
23 Mar 2AM 1 min