Kandidaat-registrasie: LPM is gereed om hof toe te gaan

Loading player...
Die Landless People’s Movement ontken hulle kandidate se name vir die komende verkiesings was laat ingedien, en blameer die Verkiesingskommissie van Namibië se aanlyn stelsel vir tegniese mislukkings. Dit kom na mediaberigte dat die party laat was met voorleggings in 28 plekke. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die party voortdurende probleme en stelselineenstortings ondervind het tydens die oplaai van sy kandidatelys. Hulle het egter alle prosedures gevolg en selfs probeer om fisiese kopieë in te dien, wat die ECN geweier het om te aanvaar.
29 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Paniekaankope van brandstof onnodig - lynministerie

Die regering het die naweek vrese oor brandstoftekorte in Namibië besweer midde gerugte van paniekaankope deur verbruikers. Die land het genoeg reserwes en die regering is in voortdurende kommunikasie met verskaffers, wat verseker genoegsame voorraad is op pad. Kosmos 94.1 Nuus het petroleumekonoom Abednego Ekandjo om sy mening genader.
23 Mar 3AM 1 min

Bibi sê Iran is vyand van beskawing

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Iran het weereens bewys hy is die beskawing se vyand en ʼn gevaar vir die vrye wêreld, want hy gebruik terreurmissiele om kinders, gesinne en bejaardes te teiken. Netanyahu het die terrein van Saterdag se missielaanval in die suidelike stad Arad besoek waar…
23 Mar 3AM 1 min

SAKP sê dood van drie Iranse leiers is moord

Die SAKP veroordeel wat hy die Amerikaanse regering se voortgesette onwettige en ongevraagde aanvalle op Iranse leiers in die Midde-Ooste noem. Die party se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê die sluipmoorde op hooggeplaaste Iranse amptenare soos die opperleier Ali Khamenei, minister van Intelligensie Esmail Khatib, en hoof van veiligheid, Ali Larijani,…
23 Mar 3AM 1 min

Knortjor-kampioenskappe was witwarm

Die naweek was die eerste been van die knortjor nasionale kampioenskappe op die Tony Rust-renbaan buite Windhoek. Daar was 27 inskrywings van die bambino klas tot die DD2 klas. Die geleentheid is moontlik gemaak deur Sema Racing en Momentum-korttermyn Versekeraars. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die uitslae.
23 Mar 3AM 1 min

Werkers moet verteenwoordiging by vakbonde kry

Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkers, Nafau, doen 'n beroep op werkers om vakbondverteenwoordiging te soek om moeilike tye te oorleef en billike behandeling in die werkplek te verseker. Dit kom nadat die vakbond suksesvol verskeie loon- en voordeelooreenkomste oor verskillende sektore beding het. Nafau se adjunk-generaalsekretaris, Willem Absalom:
23 Mar 2AM 1 min