Prunella Scales, of te wel Sybil Fawlty, sterf op 93

Loading player...
Prunella Scales, geliefde Britse aktrise veral bekend as Sybil Fawlty, is op 93 oorlede. Terwyl sy talle rolle vertolk het en ‘n Bafta gewen het, is sy veral bekend vir haar uitbeelding van die skerptongige en heerssugtige hoteleienaar se vrou, Sybil Fawlty, in die klassieke 1970's-sitkom Fawlty Towers, saam met John Cleese. Daar was net 12 episodes maar dit bly legendaries. Sy is in 2013 met vaskulêre demensie gediagnoseer. Haar seuns Samuel en Joseph West, het gesê dat sy die dag voor haar dood Fawlty Towers gekyk het. Dit was haar ikonies lyn...
29 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Whk se SME's word gesoek, en hier's wat hulle moet doen

'n Nuwe inisiatief gemik om Windhoek as 'n strategiese kleinbesigheidstreek te vestig, word gedryf deur Accelerate36. Die inisiatief poog om klein besighede op die aandelebeurs te noteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Bertolini van die maatskappy gepraat wat verduidelik watter besighede hulle teiken.
23 Mar 4AM 1 min

Spazawinkels se heffings op kragaankope is onwettig

Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, veroordeel spazawinkels en verkopers van voorafbetaalde krag wat kopers onwettig ekstra geld vra wanneer hulle krag koop. Sy sê die departement is hiervan in kennis gestel tydens die onlangse vergaderings met die gemeenskappe van Adendorp en Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap. Die adjunkminister…
23 Mar 4AM 1 min

Paniekaankope van brandstof onnodig - lynministerie

Die regering het die naweek vrese oor brandstoftekorte in Namibië besweer midde gerugte van paniekaankope deur verbruikers. Die land het genoeg reserwes en die regering is in voortdurende kommunikasie met verskaffers, wat verseker genoegsame voorraad is op pad. Kosmos 94.1 Nuus het petroleumekonoom Abednego Ekandjo om sy mening genader.
23 Mar 3AM 1 min

Bibi sê Iran is vyand van beskawing

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Iran het weereens bewys hy is die beskawing se vyand en ʼn gevaar vir die vrye wêreld, want hy gebruik terreurmissiele om kinders, gesinne en bejaardes te teiken. Netanyahu het die terrein van Saterdag se missielaanval in die suidelike stad Arad besoek waar…
23 Mar 3AM 1 min

SAKP sê dood van drie Iranse leiers is moord

Die SAKP veroordeel wat hy die Amerikaanse regering se voortgesette onwettige en ongevraagde aanvalle op Iranse leiers in die Midde-Ooste noem. Die party se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê die sluipmoorde op hooggeplaaste Iranse amptenare soos die opperleier Ali Khamenei, minister van Intelligensie Esmail Khatib, en hoof van veiligheid, Ali Larijani,…
23 Mar 3AM 1 min