Die regering het die naweek vrese oor brandstoftekorte in Namibië besweer midde gerugte van paniekaankope deur verbruikers. Die land het genoeg reserwes en die regering is in voortdurende kommunikasie met verskaffers, wat verseker genoegsame voorraad is op pad. Kosmos 94.1 Nuus het petroleumekonoom Abednego Ekandjo om sy mening genader.
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Iran het weereens bewys hy is die beskawing se vyand en ʼn gevaar vir die vrye wêreld, want hy gebruik terreurmissiele om kinders, gesinne en bejaardes te teiken. Netanyahu het die terrein van Saterdag se missielaanval in die suidelike stad Arad besoek waar…
Die SAKP veroordeel wat hy die Amerikaanse regering se voortgesette onwettige en ongevraagde aanvalle op Iranse leiers in die Midde-Ooste noem. Die party se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê die sluipmoorde op hooggeplaaste Iranse amptenare soos die opperleier Ali Khamenei, minister van Intelligensie Esmail Khatib, en hoof van veiligheid, Ali Larijani,…
Die naweek was die eerste been van die knortjor nasionale kampioenskappe op die Tony Rust-renbaan buite Windhoek. Daar was 27 inskrywings van die bambino klas tot die DD2 klas. Die geleentheid is moontlik gemaak deur Sema Racing en Momentum-korttermyn Versekeraars. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die uitslae.
Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkers, Nafau, doen 'n beroep op werkers om vakbondverteenwoordiging te soek om moeilike tye te oorleef en billike behandeling in die werkplek te verseker. Dit kom nadat die vakbond suksesvol verskeie loon- en voordeelooreenkomste oor verskillende sektore beding het. Nafau se adjunk-generaalsekretaris, Willem Absalom:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.