Vleispryse neig verder op

Loading player...
Die Lewendehawe en die Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse bekend gemaak. Die fokus is op speenkalwers wat hoog in vraag is met aanbod wat laag bly. Die lamsprys is ook baie hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete, gepraat.
28 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Whk se SME's word gesoek, en hier's wat hulle moet doen

'n Nuwe inisiatief gemik om Windhoek as 'n strategiese kleinbesigheidstreek te vestig, word gedryf deur Accelerate36. Die inisiatief poog om klein besighede op die aandelebeurs te noteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Bertolini van die maatskappy gepraat wat verduidelik watter besighede hulle teiken.
23 Mar 4AM 1 min

Spazawinkels se heffings op kragaankope is onwettig

Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, veroordeel spazawinkels en verkopers van voorafbetaalde krag wat kopers onwettig ekstra geld vra wanneer hulle krag koop. Sy sê die departement is hiervan in kennis gestel tydens die onlangse vergaderings met die gemeenskappe van Adendorp en Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap. Die adjunkminister…
23 Mar 4AM 1 min

Paniekaankope van brandstof onnodig - lynministerie

Die regering het die naweek vrese oor brandstoftekorte in Namibië besweer midde gerugte van paniekaankope deur verbruikers. Die land het genoeg reserwes en die regering is in voortdurende kommunikasie met verskaffers, wat verseker genoegsame voorraad is op pad. Kosmos 94.1 Nuus het petroleumekonoom Abednego Ekandjo om sy mening genader.
23 Mar 3AM 1 min

Bibi sê Iran is vyand van beskawing

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Iran het weereens bewys hy is die beskawing se vyand en ʼn gevaar vir die vrye wêreld, want hy gebruik terreurmissiele om kinders, gesinne en bejaardes te teiken. Netanyahu het die terrein van Saterdag se missielaanval in die suidelike stad Arad besoek waar…
23 Mar 3AM 1 min

SAKP sê dood van drie Iranse leiers is moord

Die SAKP veroordeel wat hy die Amerikaanse regering se voortgesette onwettige en ongevraagde aanvalle op Iranse leiers in die Midde-Ooste noem. Die party se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê die sluipmoorde op hooggeplaaste Iranse amptenare soos die opperleier Ali Khamenei, minister van Intelligensie Esmail Khatib, en hoof van veiligheid, Ali Larijani,…
23 Mar 3AM 1 min