Andrew se probleme verdiep

Loading player...
Na prins Andrew sy koninklike titels verloor het, verdiep sy probleme. Dit het aan die lig gekom dat hy sy lyfwag gevra het om inligting te soek om Virginia Guiffre, wat hom van seksuele misbruik beskuldig het, in die openbaar te laat beswadder. Maar dit eindig nie daar nie – haar memoir word môre gepubliseer. Die assistent-hoofsweep van die Konserwatiewe Party, Dick Timothy, meen haar klagtes, en die van talle ander in ander sake, is nie ernstig genoeg opgeneem nie.
20 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Baie adrenalien by Gobabis-MX

Die tweede been van die nasionale motocross-kampioenskappe is die naweek in Gobabis gehou en 46 ryers het ingeskryf. Francois Lottering van Motor Media Namibia sê die dorp se baan sorg altyd vir adrenalien daar was weer ‘n paar goeie duikslae.
24 Mar 2AM 1 min

Trump hou vol Iran soek vrede

President Donald Trump van Amerika hou vol Iran wil ʼn ooreenkoms sluit. Hy het Maandag gesê sy administrasie het baie goeie en produktiewe besprekings met Teheran gehad om vyandighede in die Midde-Ooste heeltemal te staak. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê egter daar is geen onderhandelinge tussen Teheran en…
24 Mar 1AM 1 min

Steenhuisen bly oor SAHPRA-goedkeuring van BKS-spuite

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se vinnige ingryping om 6 miljoen Dollvet-entstofdosisse teen bek-en-klouseer in te voer. Dit volg nadat ʼn Artikel 21-permit Vrydag vir 2 miljoen dosisse uitgereik is, terwyl nog twee permitte vir die orige 4 miljoen dosisse uitgereik sal word…
24 Mar 1AM 1 min