Die Afrika-energiekamer het opgewondenheid uitgespreek oor Namibië se olie- en gastoekoms. Die voorsitter van die Kamer, Aj Ayuk, sê 2026 is 'n bepalende oomblik vir Namibië en die Afrika-vasteland. Hy sê die fokus moet nou wees op die omsit van hulpbronpotensiaal in tasbare uitkomste deur plaaslike deelname te versterk, beleggings…
Action Society sê die voortgesette Bloulig-Mafia-verhoor beklemtoon ernstige kommer oor aanspreeklikheid, openbare veiligheid en vertroue in wetstoepassing. Een van die beskuldigdes, Lesibana Aggrie Rambau, het getuig, byna 'n duisend dae na die aanval in Julie 2023 op die N1 snelweg, waarby agt BBP-beskermingsbeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile betrokke was. Juanita…
Die sakeman Vusimuzi Matlala het na bewering kontak gemaak met die Fannie Nkosi van die SAPD se Georganiseerde Misdaadeenheid in Gauteng, om sy Luxor-kaart aan te vra voordat hy adjunkpresident Paul Mashatile en geskorste adjunkkommissaris van Polisie, Shadrack Sibiya ontmoet het. Getuienisleier Matthew Chaskalson het by die Madlanga-kommissie opgemerk die…
Die Britse eerste minister Keir Starmer het herhaal die Verenigde Koninkryk gaan nie by die Amerikaans-Israelse oorlog teen Iran betrek word nie. Hy het gister voor die Laerhuis-skakelkomitee verskyn waar hy berigte van onderhandelinge tussen Amerika en Iran verwelkom het. Starmer het aan die komitee gesê enige Britse optrede in…
Die tweede been van die nasionale motocross-kampioenskappe is die naweek in Gobabis gehou en 46 ryers het ingeskryf. Francois Lottering van Motor Media Namibia sê die dorp se baan sorg altyd vir adrenalien daar was weer ‘n paar goeie duikslae.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.