Binnelandse lenings: Kenner sê daar's meer as een kant aan die saak

Loading player...
Die Internasionale Monetêre Fonds het waargeneem dat sub-Sahara Afrika se regerings na plaaslike banke gaan om hulle begrotings te finansier teen 'n hoër rente koers en dit plaas druk op leners. Die Fonds verklaar ook dat baie plaaslike finansiële markte onderontwikkeld en gefragmenteerd is, met hoë transaksiekoste en leningsverspreidings. Die Namibiese regering prioritiseer ook plaaslike lenings maar die IMF sê binnelandse lenings nou aansienlik duurder is as eksterne lenings. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê daar is ‘n ander kant om in ag te neem.
20 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Baie adrenalien by Gobabis-MX

Die tweede been van die nasionale motocross-kampioenskappe is die naweek in Gobabis gehou en 46 ryers het ingeskryf. Francois Lottering van Motor Media Namibia sê die dorp se baan sorg altyd vir adrenalien daar was weer ‘n paar goeie duikslae.
24 Mar 2AM 1 min

Trump hou vol Iran soek vrede

President Donald Trump van Amerika hou vol Iran wil ʼn ooreenkoms sluit. Hy het Maandag gesê sy administrasie het baie goeie en produktiewe besprekings met Teheran gehad om vyandighede in die Midde-Ooste heeltemal te staak. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê egter daar is geen onderhandelinge tussen Teheran en…
24 Mar 1AM 1 min

Steenhuisen bly oor SAHPRA-goedkeuring van BKS-spuite

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se vinnige ingryping om 6 miljoen Dollvet-entstofdosisse teen bek-en-klouseer in te voer. Dit volg nadat ʼn Artikel 21-permit Vrydag vir 2 miljoen dosisse uitgereik is, terwyl nog twee permitte vir die orige 4 miljoen dosisse uitgereik sal word…
24 Mar 1AM 1 min