Aktiviste bevorder Afrika-narratief vir COP30

Loading player...
'n Span van drie jong Afrika-omgewingsaktiviste het in Namibië aangekom om vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering te pleit as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief, wat in September in Kenia begin het, is daarop gemik om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid in te samel. Hulle is tans besig om deur Namibië fiets te ry. Kosmos 94.1 Nuus het met die fasiliteerder van die groep, Kamwuhelo Lisao, oor die inisiatief gepraat.
20 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Baie adrenalien by Gobabis-MX

Die tweede been van die nasionale motocross-kampioenskappe is die naweek in Gobabis gehou en 46 ryers het ingeskryf. Francois Lottering van Motor Media Namibia sê die dorp se baan sorg altyd vir adrenalien daar was weer ‘n paar goeie duikslae.
24 Mar 2AM 1 min

Trump hou vol Iran soek vrede

President Donald Trump van Amerika hou vol Iran wil ʼn ooreenkoms sluit. Hy het Maandag gesê sy administrasie het baie goeie en produktiewe besprekings met Teheran gehad om vyandighede in die Midde-Ooste heeltemal te staak. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê egter daar is geen onderhandelinge tussen Teheran en…
24 Mar 1AM 1 min

Steenhuisen bly oor SAHPRA-goedkeuring van BKS-spuite

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se vinnige ingryping om 6 miljoen Dollvet-entstofdosisse teen bek-en-klouseer in te voer. Dit volg nadat ʼn Artikel 21-permit Vrydag vir 2 miljoen dosisse uitgereik is, terwyl nog twee permitte vir die orige 4 miljoen dosisse uitgereik sal word…
24 Mar 1AM 1 min