Ramokgopa sê R2,2 riljoen sal in energie belê word

Loading player...
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering beplan om 2,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand, wat ongeveer 30-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is, in 'n omvattende energietransformasiestrategie te belê. Dit is deel van die land se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat deur die kabinet goedgekeur is. Ramokgopa sê die plan is daarop gemik om elektrisiteitsvoorsieningskwessies aan te spreek, ekonomiese groei te bevorder en werksgeleenthede te skep, met 'n teiken van 3 persent BBP-groei teen 2030:
20 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Baie adrenalien by Gobabis-MX

Die tweede been van die nasionale motocross-kampioenskappe is die naweek in Gobabis gehou en 46 ryers het ingeskryf. Francois Lottering van Motor Media Namibia sê die dorp se baan sorg altyd vir adrenalien daar was weer ‘n paar goeie duikslae.
24 Mar 2AM 1 min

Trump hou vol Iran soek vrede

President Donald Trump van Amerika hou vol Iran wil ʼn ooreenkoms sluit. Hy het Maandag gesê sy administrasie het baie goeie en produktiewe besprekings met Teheran gehad om vyandighede in die Midde-Ooste heeltemal te staak. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê egter daar is geen onderhandelinge tussen Teheran en…
24 Mar 1AM 1 min

Steenhuisen bly oor SAHPRA-goedkeuring van BKS-spuite

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se vinnige ingryping om 6 miljoen Dollvet-entstofdosisse teen bek-en-klouseer in te voer. Dit volg nadat ʼn Artikel 21-permit Vrydag vir 2 miljoen dosisse uitgereik is, terwyl nog twee permitte vir die orige 4 miljoen dosisse uitgereik sal word…
24 Mar 1AM 1 min