Mbalula sê die ANC word onregverdig geteiken

Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party moet sy integriteit verdedig en voer aan dat president Cyril Ramaphosa onregverdig geteiken word, selfs oor klein goedjies soos om verby 'n man te draf wat met oortredings verbind word. Mbalula het in Mpumalanga gesê korrupsiebewerings word gebruik om die ANC in 'n swak lig te stel en gewaarsku dat sulke praktyke die samelewing se morele struktuur ondermyn. Hy het partylede en landsburgers versoek om waaksaam te bly met die handhawing van etiese standaarde en aanspreeklikheid:
20 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Baie adrenalien by Gobabis-MX

Die tweede been van die nasionale motocross-kampioenskappe is die naweek in Gobabis gehou en 46 ryers het ingeskryf. Francois Lottering van Motor Media Namibia sê die dorp se baan sorg altyd vir adrenalien daar was weer ‘n paar goeie duikslae.
24 Mar 2AM 1 min

Trump hou vol Iran soek vrede

President Donald Trump van Amerika hou vol Iran wil ʼn ooreenkoms sluit. Hy het Maandag gesê sy administrasie het baie goeie en produktiewe besprekings met Teheran gehad om vyandighede in die Midde-Ooste heeltemal te staak. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê egter daar is geen onderhandelinge tussen Teheran en…
24 Mar 1AM 1 min

Steenhuisen bly oor SAHPRA-goedkeuring van BKS-spuite

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se vinnige ingryping om 6 miljoen Dollvet-entstofdosisse teen bek-en-klouseer in te voer. Dit volg nadat ʼn Artikel 21-permit Vrydag vir 2 miljoen dosisse uitgereik is, terwyl nog twee permitte vir die orige 4 miljoen dosisse uitgereik sal word…
24 Mar 1AM 1 min