Regbank sê oor landdros-aanstellings

Loading player...
Die Landdroskommissie van Namibië sê die aanstelling van 27 tydelike landdrosposte is daarop gemik om die agterstand in sake te verlig en die doeltreffendheid van die regsproses te verbeter. Daar was kritiek omdat permanente landdroste as tydelike landdroste wou optree maar, dan moes hulle bedank. Regbankwoordvoerder Victoria Hango het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die huidige permanente struktuur 104 landdroste toelaat. Dit is in 2009 tot stand gebring is en kan nie meer aan die behoefte voldoen nie. Sy sê die tesourie het in Maart 2025 die aanstelling van die 27 tydelike landdroste goedgekeur.
17 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lynministerie waarsku oor fopnuus rakende brandstof

Paniekaankope en bespiegelinge oor brandstofpryse is volop op sosiale media. Boodskappe van moontlike brandstofrantsoenering doen ook die rondtes, voor die brandstofprys aankondiging wat vandeesweek verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die energieministerie se woordvoerder, Ten Hasheela gepraat, wat die publiek maan om nie vals inligting te versprei nie.
24 Mar 6AM 1 min

Springbok-vroue sewesspan blink uit, kwalifiseer vir 3 toernooie

Die Springbok-vroue sewesspan het gekwalifiseer vir die drie toernooie in Hong Kong, Valladolid en Bordeaux, wat deel uitmaak van die Sewes-Wêreldkampioenskapsreeks die einde van jaar. Suid-Afrika het die naweek derde geëindig in Montevideo in Uruguay, en drie van hul vyf wedstryde gewen. Argentinië, Duitsland en die VSA het ook vir…
24 Mar 6AM 1 min

KI-video's oor wilde diere uiters gevaarlik

Bewaringsbewustes waarsku dat 'n groeiende golf van KI-gegenereerde wildlewe-inhoud op sosiale media die lyn tussen werklikheid en fiksie vervaag. Van leeuwyfies wat hulp van toeriste soek tot jagluiperds wat langs mense lê mag hierdie plasings dalk betowerend wees, maar baie is heeltemal kunsmatig. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz…
24 Mar 6AM 1 min

Groot teleurstelling oor Starlink

Reaksie word ontvang op die regering se besluit om 'n versoek van miljardêr Elon Musk se Starlink te weier om sy satelliet-internetdienste in Namibië te bedryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die boer en Starlink-ondersteuner Peet van Staden gepraat wat sê dit is 'n massiewe slag vir die boeregemeenskappe wat…
24 Mar 6AM 1 min