Springbok-vroue sewesspan blink uit, kwalifiseer vir 3 toernooie

Loading player...
Die Springbok-vroue sewesspan het gekwalifiseer vir die drie toernooie in Hong Kong, Valladolid en Bordeaux, wat deel uitmaak van die Sewes-Wêreldkampioenskapsreeks die einde van jaar. Suid-Afrika het die naweek derde geëindig in Montevideo in Uruguay, en drie van hul vyf wedstryde gewen. Argentinië, Duitsland en die VSA het ook vir die kampioenskap gekwalifiseer. Bok-vroue afrigter Cecil Afrika sê hy is tevrede met die algehele prestasie van sy span:
24 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is

Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes…
24 Mar 10AM 1 min

Geen duidelikheid oor Iran-oorlog nie, 'want hy bly staande'

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag sy sperdatum vir aanvalle op Iran as die Straat van Hormuz nie oopgestel word nie vir vyf dae uitgestel, met verwysing na "produktiewe" gesprekke, Iran se buitelandse sake-ministerie het onmiddellik op X ontken dat daar gesprekke was en gesê Trump retireer. Markte het positief…
24 Mar 10AM 1 min

Westair-groep stel brandstofheffings op al sy vlugte in

Die Westair-groep het die instelling van 'n brandstofheffing oor sy hele lugvaartportefeulje aangekondig, insluitend FlyNamibia, FlyNamibia Safari en Westair Charters. Die besluit kom in reaksie op toenemende globale en streeksdruk wat brandstofvoorraad en -pryse beïnvloed. Die groep het in 'n verklaring die voortdurende konflik in die Midde-Ooste as 'n primêre…
24 Mar 9AM 1 min

Skietmoord op Johannesburg-prokureur wek kommer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die moord op prokureur Chinette Gallichan in die Johannesburgse middestad sterk veroordeel. Na wat berig word is sy gister naby die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se kantore op die hoek van Fox- en Joubertstraat doodgeskiet. Sy was 'n…
24 Mar 9AM 1 min

Mariental Uitbreiding 6 gaan nie net oor huise: Old Mutual

Die Old Mutual Investment Group het sy bekostigbare behuisingsontwikkeling bekendgestel. Die projek verteenwoordig 'n belangrike stap vorentoe in die uitbreiding van toegang tot bekostigbare, gedienste behuising in die Hardap-streek. Die Mariental Uitbreiding 6 behels die diens van 311 residensiële erwe, met 87 erwe reeds voltooi. Die ontwikkeling reageer direk op…
24 Mar 8AM 1 min