Mchunu sê hy't eers onlangs van taakspan vir politieke moorde gehoor

Loading player...
Die polisieminister, Senzo Mchunu, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê dat hy het eers bewus geraak van die besonderhede rondom die taakspan vir politieke moorde nadat hy verlede jaar sy ampstermyn begin het. Mchunu het aan die komitee wat korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, gesê dat hy teen die einde van verlede jaar bewus geword het van die taakspan se struktuur en geskiedenis. Hy het ook die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola daarvan beskuldig dat hy inligting oor die taakspan weerhou het:
16 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mariental Uitbreiding 6 gaan nie net oor huise: Old Mutual

Die Old Mutual Investment Group het sy bekostigbare behuisingsontwikkeling bekendgestel. Die projek verteenwoordig 'n belangrike stap vorentoe in die uitbreiding van toegang tot bekostigbare, gedienste behuising in die Hardap-streek. Die Mariental Uitbreiding 6 behels die diens van 311 residensiële erwe, met 87 erwe reeds voltooi. Die ontwikkeling reageer direk op…
24 Mar 8AM 1 min

Ou en nuwe politieke leiers 'wil nie hê De Kock moet praat'

Die GOOD-party sê die omstrede apartheidsera-polisieman, Eugene de Kock, het inligting wat nie die ou of nuwe orde se politieke leiers wil hê Suid-Afrikaners moet weet nie. De Kock wat voor die ondersoek na die Cradock-vier se moorde in 1985 verskyn, het erken hy het onder die apartheidsregering sogenaamde terroriste…
24 Mar 8AM 1 min

Lynministerie waarsku oor fopnuus rakende brandstof

Paniekaankope en bespiegelinge oor brandstofpryse is volop op sosiale media. Boodskappe van moontlike brandstofrantsoenering doen ook die rondtes, voor die brandstofprys aankondiging wat vandeesweek verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die energieministerie se woordvoerder, Ten Hasheela gepraat, wat die publiek maan om nie vals inligting te versprei nie.
24 Mar 6AM 1 min

Springbok-vroue sewesspan blink uit, kwalifiseer vir 3 toernooie

Die Springbok-vroue sewesspan het gekwalifiseer vir die drie toernooie in Hong Kong, Valladolid en Bordeaux, wat deel uitmaak van die Sewes-Wêreldkampioenskapsreeks die einde van jaar. Suid-Afrika het die naweek derde geëindig in Montevideo in Uruguay, en drie van hul vyf wedstryde gewen. Argentinië, Duitsland en die VSA het ook vir…
24 Mar 6AM 1 min