Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Loading player...
Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar.

In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die onophoudelike gedruis van tegnologie wat jou brein nooit laat afskakel nie.

Ons KLETS oor hoe tegnologie ons kommunikasie, aandag en empatie verander het en hoekom menslike gesprekke nou belangriker is as ooit.

Maar dis nie net die persoonlike stres wat tel nie. Suid-Afrika se politieke landskap bly ’n movie. Ons kyk na die Madlanga-kommissie en die Parliament Ad Hoc Committee, die soort stories wat jou laat wonder of enigiemand nog weet wie vir wie of wat verantwoordbaar is.

Leierskap, daardie groot woord wat al hoe meer soos ’n meme voel, is onder die vergrootglas. Wat beteken dit om ’n leier te wees in ’n land waar korrupsie, beloftes en toeskouers die politiek oorheers? En in ’n wêreld waar Donald Trump "vrede maak” in die Midde-Ooste. Is Trump op hierdie stadium die toonbeeld van leierskap, of net nog ’n hoofstuk in die politieke sirkus van die eeu?

Ons KLETS ook oor die krisis in universiteitslewe, waar Fort Hare Universiteit onlangs skade gely het - nie net fisies nie, maar ook simbolies. Dis ’n herinnering dat kennis, integriteit en vrae vra nie net akademies is nie, maar noodsaaklik vir die toekoms van ’n nasie.

En te midde van al hierdie geraas bly een ding duidelik: die soeke na waarheid. Dis moeilik, ongemaklik, soms gevaarlik – maar dis nodig. Want sonder waarheid is daar geen toekoms nie.

Dis ’n episode oor stres, tegnologie, politiek, opvoeding en die menslike gees se ongelooflike vermoë om steeds op te staan.

Oktober is dalk moeilik. Maar dis ook die maand waarin ons onsself herinner: jy kan nie altyd die wêreld beheer nie, maar jy kan kies om teen korrupsie, teen leuens en teen wanhoop op te staan.

So haal diep asem. Dis tyd om weer te KLETS – oor die dinge wat saak maak.
15 Oct 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Renosters, Recovery en Rage Applying

Hierdie week se KLETS begin met twaalf stappe. Die wêreld het nog nie eens stap een klaar gekry nie. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/renosters-recovery-en-rage-applying/ Ons kyk ook na wat in jou kantoor aangaan. Jy doen dit dalk al. Jy weet net nie die naam daarvoor nie. Gavin Sterley…
10 Jun 1 hr 03 min

Nie Alles met Horings is 'n Ferrari nie

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/wp-admin/post.php?post=23787&action=edit Hierdie week se KLETS begin met rocklegendes… en eindig waar jy dalk twee keer moet dink voor jy 'n Woolies hoender gaan koop. Bohemian Rhapsody van Queen is een van die mees iconic songs ooit geskryf. Die goed wat jy nie geweet het…
3 Jun 56 min

Van Fluitjieblasers tot AI-Affairs

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/van-fluitjieblasers-tot-ai-affairs/ Sommige dinge verander nie. Die misdaadsyfers is uit. Die petrol gaan op. Die rentekoers dalk ook. En die man wat Suid-Afrika se bekendste skelmsváanger is, het sy eie fluitjieblaser. Ons kyk na die werksplek en deel raad oor hoe om beter te wees…
27 May 1 hr 03 min

Die Wêreld Sluk. Kaapstad Verhuur. Ons Dra Blazers.

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/die-wereld-sluk-kaapstad-verhuur-en-ons-dra-blazers/ Die wêreld is op antidepressante. Die Quality of Life Index sê ons leef beter. Jou WhatsApp group verskil. Dan die AI wat ons almal effens uncomfortable maak: wetenskaplikes het AI agente in 'n mock wêreld gesit en gekyk wat gebeur. Sommige het oorleef…
20 May 1 hr 06 min

Cupcake, Krokodille en Ander Gevare

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/krokodille-byt-die-hof-ook/ Hierdie week se KLETS begin by die hof… want die hof het gepraat, en Cupcake se kieringkies ruik al klaar na braai. Die Konstitusionele Hof het sy uitspraak gemaak oor die Phala Phala skandaal, en die vraag is nie meer óf dit seer…
13 May 1 hr 02 min