
70 jaar van die NWU PUK-Koor word in November gevier
Loading player...
’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier. Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar. Kobus Venter, koordirigent, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor hierdie geleentheid van same-sang soos hy dit noem.