
Luna Paige debuteer haar produksie ‘Die Reisigers’ in Potchefstroom
Loading player...
In Die Reisigers verken die sanger-liedjieskrywer Luna Paige temas van beweging, stilte van gees, aanvaarding en selfliefde. Die vertoning is geïnspireer deur haar persoonlike ervarings op reis — onder meer op die Spaanse Camino — sowel as haar waarnemings as reisiger en kunstenaar. Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om oor die debuut produksie te gesels wat vanjaar by Momentum Aardklop te siene is.