Madlanga: Eerste week as mylpaal geloof

Loading player...
Die woordvoerder van die Madlanga-kommissie, Jeremy Michaels, het die kommissie se eerste week as 'n belangrike mylpaal geloof en sê daar was vordering ondanks openbare skeptisisme en vertragings. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Michaels het aan Newzroom Afrika gesê ernstige bewerings is nou geboekstaaf en kruisondervraging kan voortgaan. Hy het bevestig dat 'n ander getuie volgende week getuienis sal lewer:
21 Sep 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAKP vra AU-ingryping in VSA-aanvalle op Nigerië

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die militêre ingryping deur die Amerikaanse weermag in Noord-Nigerië veroordeel. SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê dit is geen verrassing nie, gegewe die onlangse reeks openbare verklarings en uitsprake deur die Amerikaanse regering wat dui op hul planne om troepe in Nigerië te ontplooi, onder die voorwendsel…
28 Dec 3AM 1 min

2025: Landboujaar in oënskou

Die jaar staan einde se kant toe en landbou het op ‘n uitdagende noot begin. Die vorige seisoen het bo normale reën gelewer, tot die blydskap van boere reg oor die land. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat wat die jaar in oënskou neem.
28 Dec 1AM 1 min

Pantservoertuig met bom bestook in transito-roof in SA

Die polisie in Gauteng-polisie het begin soek na 'n aantal verdagtes wat Saterdagmiddag in 'n transito-rooftog by Thokoza, Ekurhuleni, betrokke was. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die gepantserde transito-voertuig het in Thokoza gery toe 'n wit Mercedes-Benz daarteen gestamp en dit laat omslaan het. Hy sê 'n groep verdagtes het toe…
27 Dec 11PM 1 min

Al meer tienermoeders in SA

Die departement van gesondheid sê die aantal tienermoeders het op Kersdag toegeneem van 90 in 2024 tot net meer as 130 vanjaar. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is volgens die volledige aangetekende aantal babas wat op Kersdag regoor die land in openbare gesondheidsfasiliteite gebore is. Hy sê…
27 Dec 5AM 1 min

Hewige storms saai verwoesting in KZN

Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thulasizwe Buthelezi, sê altesaam 125 huishoudings is in die Amajuba- en Umzinyathi-distrikte beskadig na hewige donderstorms 'n spoor van verwoesting gelaat het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê 'n gevaarlike weerstelsel wat gekenmerk is deur swaar reën, groot hael en…
27 Dec 3AM 1 min