SAKP vra AU-ingryping in VSA-aanvalle op Nigerië

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die militêre ingryping deur die Amerikaanse weermag in Noord-Nigerië veroordeel. SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê dit is geen verrassing nie, gegewe die onlangse reeks openbare verklarings en uitsprake deur die Amerikaanse regering wat dui op hul planne om troepe in Nigerië te ontplooi, onder die voorwendsel om Christene teen ISIS-geaffilieerde groepe te beskerm. Mandlana het 'n beroep gedoen op onmiddellike diplomatieke optrede deur die strukture van die Afrika-Unie:
28 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vrugteprodusente kan van ontwikkelingskema gebruik maak

Die Namibiese Akkerbouraad nooi belangstellende en potensiële vrugteprodusente reg oor Namibië uit om aansoek te doen vir deelname aan die Vrugtewaardekettingontwikkelingskema. Hierdie inisiatief is daarop gemik om die uitbreiding van vrugteproduksie te ondersteun deur gesubsidieerde produksiemiddele, kapasiteitsbou en markfasilitering. Gilbert Mulonda, die raad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou het…
17 Mar 11AM 1 min

Masemola se 'vrae oor taakmag-ontbinding nie beantwoord'

Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die parlementêre ad hoc-komitee gesê hy het tydens 'n hoëvlakvergadering die redenasie rondom die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde bevraagteken. Hy sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het nie duidelike redes verskaf nie, ondanks kommer van senior amptenare. Masemola voeg by…
17 Mar 11AM 1 min

Nanso juig oor Stad Windhoek se hulp met #LosDieTjoef-veldtog

Nanso se #LosDieTjoef-veldtog is terug, ondersteun deur Stad Windhoek. Volgens Nanso se statistieke kom damprook onder jongmense die meeste in die Khomas- en Erongostreke voor. Hulle het selfs die tendens by laerskole aangeteken. Die Stad Windhoek het al damprook in openbare spasies verbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder…
17 Mar 10AM 1 min

LP's vra vir spesifieke wette teen kinderhandel en -uitbuiting

Parlementslede het vandag gevra vir spesifieke wetgewing om kinderhandel en -uitbuiting te bekamp. Dit volg op die hofverskyning Maandag van Selma Daniel op aanklagte van mensehandel, kinderuitbuiting en kinderverwaarlosing. Sy het na bewering 'n 15-jarige Angolese meisie in die Oshiyagaya-dorpie in die Oshana-streek verhandel, en haar aan dwangarbeid, verhongering en…
17 Mar 10AM 1 min