EK Toerisme baanbreker in sektor

Loading player...
Namibië gaan 'n baanbrekerkonsep in die toerismesektor bekendstel, genaamd EK Toerisme, of emosionele intelligensie-toerisme. Die voormalige president van die Professionele Sprekersvereniging, Siegfried Lange, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus onthul dat die eerste boek in 'n reeks, getiteld “EQ Tourism, Volume 1, 2025”, op 16 Oktober by Arebbusch Travel Lodge bekendgestel sal word. Die konsep gebruik Namibië se natuur, wildlewe en kultuur om lewenslesse en emosionele intelligensie te leer, verduidelik Lange.
21 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NaCC oorweeg Nasan Energies se verkryging van vulstasies

Die Namibiese Mededingingskommissie sê hulle hersien tans Nasan Energies Namibia se voorgestelde verkryging van 53 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies. Woordvoerder Dina //Gowases het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n ondersoekproses aan die gang is om te bepaal of die transaksie voldoen aan die regulatoriese voorwaardes wat tydens die 2023-samesmelting tussen…
21 Sep 6AM 1 min

NNN land in New York

President Netumbu Nandi-Ndaitwah het Saterdag in New York geland vir die 80ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering van 23 tot 29 September. Sy sal na verwagting Woensdag haar debuuttoespraak in die Algemene Vergadering lewer. Net voor haar vertrek uit Windhoek Vrydag, het Nandi-Ndaitwah die volgende boodskap gehad: 
21 Sep 6AM 1 min

Rundu kry 21 boorgate

Die regering het 21 boorgate in Kavango-Oos laat sink om die voortdurende watertekorte in Rundu en omliggende gebiede te takel. Eerste minister Elijah Ngurare het Saterdag tydens ‘n besoek aan die streek gesê installering van die nodige infrastruktuur sal binne twee weke deur die landbouministerie afgehandel wees.
21 Sep 4AM 1 min

Tyd loop uit vir registrasie van e-bestel-taxi's

Die sperdatum vir e-bestel-taxi's om openbare passasierspermitte te bekom kom vinnig nader, met die afsnydatum wat vir die einde van September gestel is. Kosmos 94.1 Nuus het met vervoerminister Veiko Nekundi, gepraat, wat sê dat, volgens inligting wat hy ontvang het, meer as 1 000 bestuurders reeds deur hul maatskappye…
21 Sep 3AM 1 min

Madlanga: Eerste week as mylpaal geloof

Die woordvoerder van die Madlanga-kommissie, Jeremy Michaels, het die kommissie se eerste week as 'n belangrike mylpaal geloof en sê daar was vordering ondanks openbare skeptisisme en vertragings. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Michaels het aan Newzroom Afrika gesê ernstige bewerings is…
21 Sep 2AM 1 min