
Kommissie hoor van sakeman se kennis van polisiesake
Loading player...
Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie gesê sakeman Brown Mogotsi se kennis oor die minister van Polisie, Senzo Mchunu se bewegings, wys dat hulle noue bande het. Mkhwanazi sê Mogotsi het geweet wanneer Mchunu belangrike vergaderings bygewoon het, insluitende vergaderings by die presidensie. Hy voeg by dat hierdie vlak van kennis kan slegs kom van iemand met toegang tot die binnekringe, wat die vermoede versterk dat Mogotsi aan senior staatsamptere verbind was: