Oppinuus - Ruda Landman oor Bouwer van Niekerk se moord

Loading player...
“Die skokmoord op die Bouwer van Niekerk, ’n insolvensieprokureur, op 5 September 2025 in sy kantore in Saxonwold, Johannesburg het Suid-Afrika diep geruk. Hy was ’n man wat bekendgestaan het as ‘onkorrupteerbaar’. Die moord is wyd veroordeel – deur regsberoepe, organisasies soos SARIPA, en onder meer deur die minister van justisie, wat aangedring het op eenwaardige en vinnige ondersoek.
Maar hy is nou deel van ’n lys wat al langer word – mense soos die gesondheidsfluitjieblaser Babita Deokoran en die kurator Cloete Murray en sy seun – almal mense wat korrupsie of bedrog probeer blootlê het en met hulle lewens betaal het. Ek gesels met Ruda Landman. Bouwer was haar peetseun, en sy het onlangs ’n brief aan die minister van polisie geskryf met dringende eise vir aksie.”
18 Sep 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Albert Maritz - The boy behind the wardrobe

Bekende akteur en regiseur Albert Maritz gesels met Annelie oor die dokumenter "The boy behind the wardrobe" wat gaan oor Dr.Winston Wicomb se storie van groot word in 'n huis waar hy weggesteek is vir die samelewing tot die hoof dr. Chris Barnard se Labratorium wat geskiedenis gemaak het deur…
22 Oct 15 min

Ds Maartje van der Westhuizen

Ds. Maartje van der Westhuizen is gekies as die eerste vroulike voorsitter van die NG kerk se oosterlike sinode en is ook die onder voorsitter van die algemene sinode, sy het met Annelie kom gesels oor diensbare leierskap
20 Oct 22 min

Craig Hinds - Watershed

Die hoofsanger van Watershed, Craig Hinds, kuier by Annelie in die studio en gesels oor die band se 26 jaar in die bedryf, hulle nuwe single en hy het sy kitaar gebring
9 Oct 25 min