Oppinuus - Ruda Landman oor Bouwer van Niekerk se moord

Loading player...
“Die skokmoord op die Bouwer van Niekerk, ’n insolvensieprokureur, op 5 September 2025 in sy kantore in Saxonwold, Johannesburg het Suid-Afrika diep geruk. Hy was ’n man wat bekendgestaan het as ‘onkorrupteerbaar’. Die moord is wyd veroordeel – deur regsberoepe, organisasies soos SARIPA, en onder meer deur die minister van justisie, wat aangedring het op eenwaardige en vinnige ondersoek.
Maar hy is nou deel van ’n lys wat al langer word – mense soos die gesondheidsfluitjieblaser Babita Deokoran en die kurator Cloete Murray en sy seun – almal mense wat korrupsie of bedrog probeer blootlê het en met hulle lewens betaal het. Ek gesels met Ruda Landman. Bouwer was haar peetseun, en sy het onlangs ’n brief aan die minister van polisie geskryf met dringende eise vir aksie.”
18 Sep 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Oppinuus - Rianette Leibowitz oor AI op sosiale media

Ons gesels oor hoe AI jou kind se inligting van jou profiele af gebruik en opgaar... Dus kan mense jou kind se adres, skool ens. kry. Rianette Leibowitz van Cyber Wellness verduidelik hoe jy kan veilig wees
10 Sep 22 min

Deon Meyer

Dit is wêreld koop 'n boek dag en die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Deon Meyer gesels met Annelie oor een van haar gunsteling onderwerpe - BOEKE en lees.
7 Sep 16 min

Motivering 7 September 2026 - Tel jou seëninge

Het jy al ooit so gefokus op dit waarvoor jy bid… dat jy vergeet het om dankbaar te wees vir dit wat jy reeds ontvang het? Psalm 103:2 sê: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.”
7 Sep 4 min