Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

Loading player...
In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae.

Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat oor patriotisme, politieke stemme en of vryheid van spraak ooit werklik bestaan het, of net ’n mooi storie was vir die handboek.

Intussen raak die strate in die VK ook warm met 'n optog. Onwettige immigrasie druk gemeenskappe op hul breekpunte, en die vlam van patriotisme steek oral hoër. Dis nie meer net lawaai nie – dis generasies wat mekaar in die oë kyk en sê: “Hier trek ek my streep.”

En kyk jy suid, dan sien jy dit ook hier. Suid-Afrikaanse jongmense wat nie meer stilbly nie. Gen Z’s wat begin stem, baklei en hul eie spasie in die politiek opeis. Is hulle die hoop wat ons soek, of net nog ’n golf wat met lawaai gaan breek sonder om iets te bou?

En natuurlik die ANC – ’n party wat al hoe meer soos ’n stokou sitcom voel: jy weet die volgende episode gaan dieselfde wees, maar tog kyk jy weer, want dalk… dalk is daar ’n plot twist.

Colene deel haar luukse wenk van die week oor oggendroetines en hoekom jou derms dalk die eintlike baas van jou brein is.

Dis politiek, patriotisme en ’n bietjie probiotika. Net nog ’n dag in die KLETS-kantoor.
17 Sep 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min