Golf-, Moslemlande bankvas agter Katar na Israeli aanval

Loading player...
Die nood-spitsberaad van Arabiese en Moslemleiers in Doha sê in sy finale verklaring hulle sal agter Katar staan terwyl dit stappe doen om te reageer op Israel se 'lafhartige' aanval verlede week. Jasem Mohamed Albudaiwi, sekretaris-generaal van die Golf Samewerkingsraad, het aan verslaggewers gesê dat die beraad die Golfstate se solidariteit met Katar bevestig het, en dat 'n aanval op enige land 'n aanval op die hele raad is. Al Jazeera se senior politieke analis, Marwan Bishara, lewer kommentaar.
16 Sep 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu bekommerd oor Madlanga-onthullings

Cosatu het sy ernstige kommer uitgespreek oor die bewerings wat deur die Madlanga-kommissie ontbloot is oor politieke inmenging in die strafregstelsel. Die federasie doen 'n beroep op almal wat betrek word om duidelikheid te gee oor hierdie baie ernstige bewerings, veral dié wat verband hou met politieke moorde. Edwin Mkhize…
28 Sep 6AM 1 min

Hawe, infrastruktuur aanloklik vir VSA-beleggers

Namibië se hawe-ontwikkelings en ander belangrike infrastruktuurprojekte lok belangstelling onder Amerikaanse beleggers uit. Die uitvoerende hoof en voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde Corporate Council on Africa, Florizelle Liser, het Vrydag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die VSA ontmoet om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk.
28 Sep 4AM 1 min

Miljoene om meer aartappels te plant

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n ontwikkelingskema vir aartappel-verbouing van stapel gestuur in ‘n poging om plaaslike produksie te bevorder en invoere te verminder. Die Akkerbouraad sal produksiekoste met 50 persent subsidieer, terwyl Agribank lenings vir die oorblywende helfte sal toestaan. Vir die volgende vyf jaar, sal 5,5 miljoen Namibiese dollar…
28 Sep 3AM 1 min

Toivo ya Toivo-standbeeld pryk op Robbeneiland

‘n Standbeeld van die ontslape Namibiese vryheidsvegter en een van Swapo se stigterslede, Andimba Toivo ya Toivo, is Saterdag op Robbeneiland naby Kaapstad onthul. Toivo ya Toivo was 16 jaar ‘n gevangene op Robbeneiland, onder andere saam met Nelson Mandela. ‘n Muur van herinnering met die name van 5 000…
28 Sep 2AM 1 min

Rusland sal nie aggressie duld nie, dreig Lavrov

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sê die land het geen voornemens om die Europese Unie of Navo-lidlande aan te val nie. Moskou sal egter beslissende stappe neem teen enige aggressie wat daarteen gemik word, het Lavrov Saterdag in ‘n toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering…
28 Sep 1AM 1 min