
Erfenisweek: 'Dra jou fakkel met trots'
Loading player...
Die jaarlikse Namibiese Erfenisweek, ‘n viering en bevordering van die land se ryk kultuur, geskiedenis en natuurlike erfenis, het Maandag amptelik begin en duur tot Sondag. Vanjaar se tema, "Fakkeldraers van Ons Erfenis", beklemtoon die belangrikheid van die bewaring en eerbiediging van hierdie waardes. Tydens die openingseremonie in Rehoboth het Baster Kaptein Jacky Britz die publiek aangemoedig om hul erfenis en kulturele identiteit te omarm en trots daarop te wees.