
Fauresmith se Spoorfees bied in Oktober iets vir almal en nooi jou om te kom kuier!
Loading player...
Daar word binnekort groot makietie gehou op Fauresmith wanneer die tweede Spoorfees vanjaar vanaf 3 tot 5 Oktober aangebied word op die plattelandse dorpie. Sanger Jacobus Silwer en sy vrou Lizzie, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die propvol program en die dorps reünie, wat ook daai naweek plaasvind. Groot dank aan die ATKV wat dit moontlik maak. Kaartjies is beskikbaar by Seat Me.