Swys de Bruin - Groot oorwinning teen Brasilië
Loading player...
Die Springbokke het hul 2025 Vroue Rugby Wêreldbeker-veldtog op ’n hoë noot afgeskop met ’n eensydige 66–6 sege teen Brasilië by Franklin’s Gardens in Northampton.
Sondag het Aseza Hele wat die nommer agt truie gedra het, ’n driekuns van drieë aangeteken, terwyl losskakel Libbie Janse van Rensburg en linkervleuel Ayanda Malinga elk twee keer oor die doellyn gaan kuier het.
Die Springbokke het as ’n span tien drieë gedruk, sonder om enige een aan die Suid-Amerikaanse span af te staan. Raquel Kochhann het al Brasilië se punte aangeteken met ’n strafskop in elke helfte.
Springbok-afrigter Swys de Bruin sê hulle is op die regte pad, maar daar is steeds heelwat aspekte van hul spel wat verbeter moet word.