Erediens - 10 Augustus 2025

Loading player...
Prediker: Nicolette Bester
Teks: Hebreërs 10:1-3; 8-18
Tema: Geloof wat volhard – wat beteken dit?

Geloof – ’n woord wat ons so maklik gebruik maar tog so moeilik werklik kan begryp. ’n Ander verstaan kan wees “vertroue in God”. Die twee loop hand-aan-hand.

As mense is ons geneig om te wil volhard in alles wat ons aanpak, ook in ons geloof. Ons stel ons eie ideale op en probeer ons uiterste bes om dit te realiseer. Maar die lewe bring draaie, swaaie en vreemde kinkels.

Wat beteken dit vir daardie geloof wat ons so naby aan ons hart hou? Hoe verstaan God die geloof wat ons uitgiet? Op die einde van die dag is geloof daardie vertrouensverbond wat God met ons gesluit het – ’n geskenk wat onvervangbaar en onruilbaar is. Kom ontdek saam wat hierdie geskenk vir jou en my beteken.
10 Aug Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Erediens - 03 Augustus 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 8:35-39 Tema: “Welwese” is baie meer as ’n gevoel In ons lewens is daar seisoene waarin ons geweldige swaarkry beleef. Soms is hierdie seisoene ’n paar ure lank, ander kere hou dit vir jare aan. Dikwels word ons in hierdie tye lamgelê deur bekommernis, hartseer…
3 Aug 28 min

Erediens - 20 Julie 2025

Teks: Lukas 10 Prediker: DJ Muller Tema: Wanneer is besig-wees genoeg? Produktiwiteit! Dis iets waarna ons daagliks streef. Ons gebruik hulpmiddels soos outomatisering en kunsmatige intelligensie om dit te verhoog. Waarom? Omdat ons meer wil doen. Ons wil beter presteer. Dit voel selfs goed om te vertel hoe besig ons…
20 Jul 21 min

Erediens - 13 Julie 2025

Teks: Kolossense 1:9-20 Prediker: Nadia Muller Tema: Is my God groot genoeg? Ons almal ken die kinderlied: “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen nie.” As kinders – of selfs as volwassenes – sing ons dit uit volle bors,…
13 Jul 35 min

Erediens - 06 Julie 2025

Tema: Geloofsonderskeiding: Wat beteken dit? Teks: Lukas 10:1–12, 16–19 Prediker: Nadia Muller Ons wens soms vir ’n stem uit die hemel of ’n vers in die Bybel wat ons sommer op die naam noem en al ons vrae beantwoord — maar dis nie hoe dit werk nie. As God dan…
6 Jul 32 min