
Verken die wêreld in 32 liedjies met Marie Vassilliou en Nicolene Gibbons
Loading player...
Hierdie sanguitvoering, wat op 16 Augustus by die Odeion in Bloemfontein aangebied word, vier die kuns van sang regoor die wêreld en sluit werke van Duitsland, Frankryk, Finland, Noord- en Suid-Amerika, sowel as Suid-Afrika, in. Die sopraan Marie Vassilliou en pianis Nicolene Gibbons kombineer hul talente op die verhoog. ‘A songmaker’s journey’ beloof ’n repertoire uit die 20ste eeu en sluit ook ware moderne klassieke werke in. Nicolene Gibbons sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die program en die geleentheid om saam met Marie op die verhoog te wees. Kaartjies is beskikbaar by Quicket.