Die Ohungu Conservancy in die Erongo-streek het 'n beroep op beleggers gedoen vir 'n unieke gesamentlike ondernemingsgeleentheid om die Ohungu Community Lodge langs die oewers van die Ozondati-rivier te herontwikkel. Beleggers word genooi om te help om die terrein te omskep in 'n vooraanstaande ekotoerisme-bestemming wat wildlewe, kultuur en natuurskoon…
Die ANC-president Cyril Ramaphosa het die uitgesproke minderheid wat leuens versprei om Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie te ondermyn veroordeel. Ramaphosa het ANC-ondersteuners tydens die party se 114de bestaansjaarvieringe in Noordwes toegespreek en gewaarsku teen bewerings soos sogenaamde wit volksmoord. Hy sê dit vuur wêreldwye rassistiese agendas aan. Ramaphosa sê die…
Die voortgesette Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname wat op 28 April 2025 afgeskop het gaan volgens die Namibiese Statistieke-agentskap tot April vanjaar duur. Die opname sal Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal, en sluit in armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die agentskap se…
Volgens die Internasionale Cannabis Besigheidskonferensie webtuiste, is daar net nege lande in Afrika wat dagga op een of ander manier gewettig het. Suid Afrika is die enigste land wat marijuana vir ontspanning en mediese gebruik gewettig het. Lande soos Malawi en Zambië het dit gewettig vir uitvoer vir medisinale gebruik,…
Die DA sê hulle sal voortgaan om eerlikheid, deursigtigheid en verantwoordbaarheid te eis oor die vlootskepe wat aan die Will for Peace 2026-oefening deelneem in Simonstad in die Wes-Kaap. Die party sê die Departement van Verdediging misbruik die Brics-alliansie om militêre belyning te verberg. Chris Hattingh van die DA sê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.