Beleggers gesoek vir lodge in Erongo-bewarea

Loading player...
Die Ohungu Conservancy in die Erongo-streek het 'n beroep op beleggers gedoen vir 'n unieke gesamentlike ondernemingsgeleentheid om die Ohungu Community Lodge langs die oewers van die Ozondati-rivier te herontwikkel. Beleggers word genooi om te help om die terrein te omskep in 'n vooraanstaande ekotoerisme-bestemming wat wildlewe, kultuur en natuurskoon kombineer, met planne wat nuwe bungalows aan die rivieroewer en opgegradeerde infrastruktuur insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die toerismeministerie, Vilho Hangula, gepraat.
11 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se matrieks hoor vandag

Graad 12-matriekuitslae word vandag aangekondig en in die lig daarvan vra die Vereniging van Staatsamptenare die 2025-matrikulante, voornemende studente en hul ouers om uiters waaksaam te bly wanneer hulle vir tersiêre onderwys aansoek doen en registreer. Die vereniging se woordvoerder, Claude Naicker, is bekommerd oor die historiese toename in ongeregistreerde…
12 Jan 12AM 1 min

Trump sê VSA moet Groenland bekom

President Donald Trump sê hy is vol vertroue dat Amerika Groenland sal bekom. Denemarke en Groenland sê die gebied is nie te koop nie, en Denemarke waarsku militêre optrede sal die einde beteken van die NAVO militêre bondgenootskap. Volgens ʼn Deense meningspeiling glo 38-persent Dene dat Amerika onder die Trump-administrasie…
12 Jan 12AM 1 min

Beskerm jou foto’s so aanlyn

Reaksie word steeds ontvang op Grok, die X-kletsbot wat deur Elon Musk besit word, foto’s kan omskep in naakfoto’s in. Internasionale kenners meen 'n regering wat die veiligheid en welstand van vroue en kinders ernstig opneem, moet vinnig reageer op sulke gebeure en Indonesië het reeds Grok verbied. Kosmos 94.1…
12 Jan 12AM 1 min

Brockerhoff volgende week terug in die hof

Die vermeende stroper en sindikaat-leier Derrick Brockerhoff sal op 23 en 26 Januarie in Windhoekse howe in twee verskillende sake verskyn. Brockerhoff het in baie streke hofsake aan die gang, waar hy op borgtog vrygelaat is. Kosmos 94.1 Nuus het met Hennie Brisley van die Windhoek Streekslandbou-unie gepraat.
11 Jan 11PM 1 min

Ons besope jeug: Meer nodig as net verhoging in wettige ouderdom

Die debat oor alkoholregulering is weer in die nuus. Die lobbygroep Gatekeepers South Africa doen 'n beroep in die buurland op die verhoging van die wettige drinkouderdom van 18 tot so hoog as 21 of 23, tesame met 'n verbod op alkoholadvertensies in openbare ruimtes en strenger strawwe vir drankwinkels…
11 Jan 11PM 1 min