
Reis saam en ontdek musiekale juwele in ‘Opera & Tango’
Loading player...
‘Opera & Tango – and beyond’… beloof om hierdie Julie ook gehore in Bloemfontein te begeester tydens die jaarlikse Vrystaat Kunstefees. Elzette Boucher-Krüger loer in by die hoogs begaafde en gewilde klassieke-musiek kunstenaars, Zanne Stapelberg (sopraan) en Albie van Schalkwyk (klavier), wat hul eie weergawe van verskillende musiekstyle aanbied. Die produksie vertel nie ’n storie nie, maar bestryk ’n spektrum van emosies wat oor drie dele uitspeel met klanke van barok en romantiese opera, klassieke kabaret en musikale teater en selfs Spaanse klanke en -dansstyle soos die zarzuela en tango!