Tiaan Liebenberg - Ben Pitout
Loading player...
Die Cheetahs se voorspelerafrigter, Tiaan Liebenberg, was vol lof vir die drie jong stutte in die span ná afloop van hul Curriebeker-oefenwedstryd teen die Suzuki Griekwas in Bultfontein.
Die vasskopstutte Frankie dos Reis en Ben Pitout, asook die loskopstut Malcolm Lamondt, het almal hul man gestaan teen die meer ervare Griekwas tydens die 40–19-nederlaag.
Veral Pitout het baie beïndruk en is nie een keer in die skrum teruggedruk nie.
Die oud-Springbok Liebenberg het aan OFM Sport gesê dat Pitout, wat reeds 130 kg weeg, ’n blink toekoms het.
Vrydag se wedstryd tussen die Cheetahs en Georgië by die Toyota-stadion skop om 19:00 af.