Wêreldwys | Kry Trump sy sin by die groot berade? | Ep. 53

Loading player...
Vanjaar is ’n groot jaar vir internasionale berade, veral in die Westerse wêreld. Tussen die G7, Navo, Brics en G20 is daar vanjaar verskeie geleenthede vir wêreldleiers om te onderhandel, belyn en baklei. Tans lyk dit asof soveel van die internasionale politiek sentreer rondom Donald Trump se wil en weë. Luister na hierdie week se aflewering van Wêreldwys om die vraag te begin beantwoord of Trump besig is om sy sin te kry in hierdie tweede presidensiële termyn van hom?
Chapters
  • 00:00 Trump bemiddel tussen Israel en Iran
  • 06:17 Oorlog in Oekraïne duur voort
  • 07:50 Binnelandse beleid in die VSA
  • 12:04 1. ’n Flouerige G7 in Kanada
  • 16:00 2. Groot suksesse by Navo
  • 23:24 3. Opkomende Brics-beraad
  • 30:30 4. Onsekerheid oor G20
2 Jul 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | 'Hitler terug in Duitsland' | Ep. 102

Wêreldwys | Hitler terug in Duitsland | Ep. 102 In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Nederlandse joernalis Wierd Duk oor Europa se interne stryde, tendense en meesterverhale. Hulle kyk onder meer na die regs populistiese deurbraak wat die AfD onlangs in Duitsland behaal het. Hoewel…
11 Sep 26 min

Wêreldwys | Skaakspel tussen Oos en Wes | Ep. 101

Wêreldwys | Skaakspel tussen Oos en Wes | Ep. 101 In vandeesweek se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die reuse-ooreenkoms tussen die VSA en Venezuela en wat dit vir die wêreld se oliemark en magsbalans kan beteken. Intussen wys China toenemend sy teenwig teen Westerse invloed deur strategiese bondgenootskappe in…
4 Sep 33 min

Wêreldwys | Europese eenheid wankel | Ep. 100

In die 100ste episode van Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na ’n wêreld waarin ou alliansies en politieke eenheid toenemend onder druk kom. Ses maande ná die begin van die Iran-oorlog is daar rede vir versigtige optimisme, terwyl die oorlog in Oekraïne, spanning in Europa, die handelstryd tussen die VSA en…
27 Aug 31 min

Wêreldwys | Magsverskuiwings in Midde-Ooste | Ep. 98

In vandeesweek se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na magsverskuiwings in die Midde-Ooste, met die jongste verwikkelinge in die Iran-oorlog en vredesproses in Gaza. Ook onder die loep is die oorlog in Oekraïne en belangrike politieke verwikkelinge in Duitsland en elders in Europa.
21 Aug 41 min

Wêreldwys | Republikeine op die agtervoet | Ep. 97

In vandeesweek se aflewering van Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die groot internasionale vraagstukke wat die Amerikaanse en Europese politiek tans vorm. Iran se invloed op die komende Amerikaanse middeltermynverkiesing, interne verdeeldheid onder die Demokrate, hibriede oorlogvoering in Europa en belangrike Europese verkiesings word onder die loep geneem.
15 Aug 28 min