Iran: Hegseth vol lof vir Trump

Loading player...
Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê hulle het daarin geslaag om Iran se kernambisies uit te wis. Die Iranse Atoomenergie-organisasie sê die aanval op van die kernterreine was 'n barbaarse skending van internasionale reg. Hegseth sê baie presidente het gedroom om die finale slag teen Iran se kernprogram toe te dien, en slegs president Donald Trump kon daarin slaag:
22 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lodox-masjien deur Standard Bank, MVA geskenk

'n Groot hupstoot vir traumasorg by Katutura Intermediêre Hospitaal vandag, aangesien dit Namibië se eerste Lodox-volliggaam-X-straalmasjien ontvang het. Dit kan pasiënte binne sekondes skandeer. Die masjien, ter waarde van 13 miljoen Namibiese dollar, is vanoggend deur die Motorvoertuig Ongelukkefonds, in vennootskap met Standard Bank geskenk, met die doel om traumasorg…
29 Sep 9AM 1 min

Nasionale Kommissie vir Unesco vergader

Die Namibiese Nasionale Kommissie vir Unesco het vandag sy jaarvergadering in Windhoek gehou. Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie sê die byeenkoms bied 'n kans om oor vorige prestasies te besin en die pad vorentoe uit te stippel.
29 Sep 9AM 1 min

Cyril se neef betrek by Tembisa-sindikaat

Die Spesiale Ondersoekeenheid het 'n korrupsie-sindikaat by die Tembisa-hospitaal in Gauteng verbind met die sakeman Hangwani Maumela, wat 'n neef van president Cyril Ramaphosa is. Die hoof van die eenheid, Andy Mothiba, sê Maumela se netwerk het 816 miljoen Suid-Afrikaanse rand deur 1 728 bestellings laat vloei wat verkrygingsreëls omseil…
29 Sep 9AM 1 min

BoN stel nuwe note, munstukke in sirkulasie

Die Bank van Namibië het amptelik die eerste nuut opgegradeerde banknote en 'n herontwerpte muntreeks aan die publiek vrygestel. Dit is die eerste groot hersiening van die land se geldeenheid in meer as 30 jaar. Die adjunk-goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, het die publiek gewaarsku teen die beskadiging…
29 Sep 9AM 1 min