
Lodox-masjien deur Standard Bank, MVA geskenk
Loading player...
'n Groot hupstoot vir traumasorg by Katutura Intermediêre Hospitaal vandag, aangesien dit Namibië se eerste Lodox-volliggaam-X-straalmasjien ontvang het. Dit kan pasiënte binne sekondes skandeer. Die masjien, ter waarde van 13 miljoen Namibiese dollar, is vanoggend deur die Motorvoertuig Ongelukkefonds, in vennootskap met Standard Bank geskenk, met die doel om traumasorg en diagnose te bespoedig. Die uitvoerende hoof van die fonds, Rosalia Martins-Hausiku.