Wat ek geleer het oor verhoudings op die plaas’ – Yolandi Marais

Loading player...
Yolandi Marais het op ’n plaas grootgeword, werk as konsultant elke dag met boere en het ook vanjaar met ’n boer getrou. Sy vertel oor wat sy tot dusver geleer het oor verhoudings, verantwoordelikheide, vrou-wees en vreugdes op die plaas.

Johan Beukes en Yolandi Marais van Dunamus Agri Advisory Services gesels in dié Bly Boer-episode oor boerdery in Suid-Afrika, met ’n spesifieke fokus op die menslike en verhoudingsaspekte daarvan.
In die episode sal jy meer hoor oor:
• Hoe boervroue ’n kritieke rol speel in die ondersteuning van hul mans en die volhoubaarheid van boerderye;
• Die verwoestende impak van ’n brand;
• Die sielkundige uitdaging om hulp te aanvaar as ’n trotse boer;
• Die integrasie van aangetroude familielede in die boerdery; en
• Hoe om konflik te hanteer en gemeenskaplike doelwitte te bereik.
15 Jun Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Moenie ophou probeer nie’ – Gerrit van Zyl

In hierdie episode van Bly Boer deel Gerrit van Zyl, sakeman en bekroonde stoetbeesboer van Dewetsdorp, sy merkwaardige reis van konvensionele boerdery na herlewingslandboupraktyke met Reza Clifford. Gerrit se benadering tot geestelike welstand is diep gewortel in praktiese geloof, volharding en om sinvolheid in daaglikse klein bydraes tot iets groter…
10 Aug 19 min

‘Herlewing begin op die plaas’ – Johann Kotzé

Johan Beukes gesels in die jongste Bly Boer-episode met Johann Kotzé, uitvoerende hoof van AgriSA, oor wat dit werklik beteken om te volhard, hoopvol te bly en die volgende geslag te inspireer. Johann vertel in die gesprek hy glo dat geloof ons deur die donkerste tye kan dra en hoe…
3 Aug 27 min

Grond, geloof en gemeenskap – Charl Saunderson

Charl Saunderson, ’n Dorper-stoetboer van die Boesmanland, herinner ons in hierdie Bly Boer-episode dat boerdery meer is as net ’n beroep – dit is ’n lewenswyse wat gebou is op waardes van volharding, verantwoordelikheid en onwrikbare hoop vir die toekoms. Luister in sy gesprek met Reza Clifford oor hoe hy…
27 Jul 25 min